Get Adobe Flash player

Nataniël se “Gesels” nou in Oktober aangebied!

Nataniël se “Gesels” nou in Oktober aangebied!
Share

NATANIËL GESELS

Nataniël se gewilde GESELS is terug! 

Vir 4 opeenvolgende Saterdae bied Nataniël sy leefstylpraatjie aan vir slegs 200 gehoorlede per geleentheid. 
GESELS vind plaas op 3, 10, 17 en 24 Oktober. 

Vertellings, wyshede, waarheid, vrae, troos, skok en humor, al die elemente van sy enkele GESELS in Maartmaand is terug, nou met nog meer ontdekkings, ontnugterings, geesdrif en vreugde.

Maak hierdie 90 minute die hoogtepunt van Oktober! Vir ’n terugkeer na die teater en sy verhoog, kon geen geleentheid beter wees nie. 

DIE FOYER!  

Die foyer is oop vanaf 10:00.
Die kroeg is voor en ná die praatjie oop.
Al Nataniël se produkte is vanaf 10:00 beskikbaar, ook ná die praatjie. 

Inkopies! Inkopies!  

VEILIGHEID EN PROTOKOL! 

Slegs aangeduide sitplekke is beskikbaar.
Slegs 50% van die teater word gevul.
Maskers is verpligtend.

Alle veiligheidsprotokol word gevolg.
Geen kinders onder 15.

 Bespreek onmiddellik by www.itickets.co.za

 abr logo280