Get Adobe Flash player

Billy Forrest en Jason Bradley snoer kragte saam in Lefra se nuutste kelderkonsert “Twee Generasies Country”

Billy Forrest en Jason Bradley snoer kragte saam in Lefra se nuutste kelderkonsert “Twee Generasies Country”
Share

AANLYNKONSERT OP SONDAG, 6 SEPTEMBER OM 17:00

Besprekings: www.itickets.co.za | Meer inligting: www.lefra.com

Twee generasies van Country, een toekoms.  Country-legende Billy Forrest snoer kragte saam met die legend-in-wording Jason Bradley in Lefra Produksies se jongste aanlyn Kelderkonsert, Twee Generasies Country.  Hierdie opwindende konsert word op Sondag 6 September om 17:00 lewendig aanlyn gestroom. Besoek www.itickets.co.za om jou kaartjies vir Twee Generasies Country te bespreek.  Die Lefra Kelderkonserte word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings.

Billy word beskryf as die man met een gesig, maar baie name.  Billy Forrest is in 1940 as William Charles Boardman in Kimberley, Suid-Afrika gebore.  Sy professionele loopbaan het 21 jaar daarna in 1961 afgeskop, en is daar sederien (Ek het skielik nie n fokken idee hoe word sedertdien geskryf nie --- daarshy so)baie verhale om te vertel.  Billy Forrest het gedurende sy lang loopbaan baie albums en enkelsnitte vrygestel, waarvan baie groot treffers geword het.  Wat baie mense nie weet nie, is dat baie van die treffers nie onder sy verhoognaam Billy Forrest was nie.  Wat waarskynlik een van sy grootste treffers was, was sy weergawe van Lazy Life, wat verskeie weke bo-aan die Suid-Afrikaanse trefferparades deurgebring het onder die naam Quentin E. Klopjaeger.

Billy het in Desember 1964 vir die eerste keer goud getref met die treffer Hello Operator, wat die nommer-een liedjie vir Kersfees daardie jaar was, voor The Beatles, Rolling Stones, Cliff Richard en Jim Reeves.  In 1966 sou Billy een van die belangrikste skuiwe in sy loopbaan maak toe hy en Billy Andrews, wat pas The Staccatos verlaat het, kragte saamgesnoer het om The Dream Merchants te vorm.  Hule word steeds beskou as een van die suksesvolste Suid-Afrikaanse popgroepe ooit.  The Dream Merhcants het verskeie treffers gehad, waaronder Love Minus Zero, Let It Be Me en The Rattler.  In Maart van 1967 na Engeland vertrek.  Ondanks die feit dat hulle Radio London se top 20 gehaal het met The Rattler, en verskeie winsgewende aanbiedings ontvang het, is hulle gedwing om terug te keer na Suid-Afrika weens die verbod op Suid-Afrikaanse kunstenaars deur die British Musicians Union.  Na hul terugkeer het die groep se paadjies egter geskei.  'n Reeks gebeure het Billy laat besluit om die hoofsanger twe wees op die liedjie Lazy Life saam met die Durbanse band The Gonks.  Die sleutel waarin Billy moes sing het verskil van die waarin Billy gewoonlik sing, en het hy besluit om sy naam te verander na Quentin. E. Klopjaeger, en die liedjie het 'n massiewe treffer geword.

In die 70's het Billy weer eens ‘n loopbaanskuif gemaak.  Hierdie keer het hy sy eie platemaatskappy, Intercontinental Record Company (IRC), begin en het hy onmiddellik sukses behaal met Des & Dawn Lindberg se The Seagull's Name Was Nelson en Hello-A, 'n duet met Billy & Sharon Tandy.  Dis hier waar Billy nog 'n skuilnaam uitgedink het toe hy 'n treffer in die swart musiekmark gehad het met Lovely Lorraine as William E.  Nadat Billy IRC aan Teal Record Company verkoop het, het hy by die nuutgestigte Satbel Record Company aangesluit waar hy o.a. twee albums met Mimi Coertse vervaardig het en die treffer, Do You Love Me?, wat hy saam met ex-Gunther Kallman-koorlid, Angelika Illman, gesing en vrygestel het.  En toe gebeur ‘n wonderwerk: saam met Lofty Schultz, Bertha Egnos en Gail Lakier vervaardig Billy twee albums saam met 'n groep kunstenaars genaamd Ipi-Tombi, en twee maande daarna is die musiekblyspel gebore en het Ipi-Tombi uiteindelik Afrika se suksesvolste musiekblyspel ooit gword.  Na Ipi-Tombi het Billy weer saam met die voormalige vervaardiger van The Dream Merchants, Grahame Beggs, die top-tien Country-treffer, Our Sweet Precious Love vrygestel, gevolg deur die album Country's Greatest Hits ‘n jaar later.  Billy se teruggekeer na Country was uiters suksesvol en meer treffers en albums het gevolg, wat uiteindelik gelei het tot die hervorming van The Dream Merchants in die laat tagtigerjare.

In 1994 het Billy sy grootste treffer as solo-kunstenaar, Tiny Bubbles, vrygestel en meer as 100 000 eksemplare is verkoop.  'n Jaar tevore het hy 'n Country-album uitgereik, waar hy Don Williams en Jim Reeves-treffers in Zoeloe gesing het.  Billy het sy sangloopbaan 'n onverwagte hupstoot gekry toe Steve Hofmeyr in 2005 hom en sommige van sy mede-legendes uitgenooi het om hom aan te sluit by die Toeka-reeks, wat gelei het tot 'n uitgebreinde nasionale toer en 'n DVD wat meer as 120 000 eksemplare verkoop het.

Billy het in Junie 80 jaar oud geword en sy loopbaan staan steeds sterk, met gemiddeld vyftig optredes per jaar.  Billy se musiekloopbaan is vol soveel hoogtepunte dat enige Suid-Afrikaanse en selfs internasionale kunstenaar afgunstig sal wees as hy na al sy prestasies kyk.  Miskien was Billy altyd op die regte tyd op die regte plek, maar een ding wat nie geïgnoreer kan word nie, is sy talent, verbeelding en professionaliteit in sy musiek.  Hy het geweet en weet nog hoe om sy vriende, familie en aanhangers gelukkig te hou.

Soos die meeste country-musikante, begin Jason se verhaal op ‘n klein plattelandse dorpie.  Jason, oorspronklik van Ficksburg in die Vrystaat, het op die ouderdom van 4 jaar begin kitaar speel toe sy pa vir hom sy eerste kitaar gekoop het.  Hy het nie net die kitaar bemeester nie, maar ook 'n verskeidenheid ander instrumente aangeleer; wat wissel van dromme en klavier tot trompet en trekklavier.  Jason het 'n paar jaar in die Verenigde Koninkryk deurgebring, waar hy sy vaardighede beoefen en geslyp het deur in verskillende kroeë en plaaslike venues te speel en te sing.  In 2003 keer Jason terug Suid-Afrika toe en was vasbeslote om die kuns van ‘New Country’ te bemeester.  Die grootste invloed op Jason se besluit om ‘n loopbaan in Country-musiek te volg, was 'n CD van Brad Paisley wat hy in 'n nuwe motor gevind het.  Die ou eienaars van die motor het die CD in die motor gelos toe hulle dit aan Jason verkoop het.  Dit was nadat hy na die CD geluister het, dat Jason verlief geraak het op Country-musiek.

Jason Bradley was ’n stil maar onmiskenbare talent in die musiekbedryf sedertien.  In 2007, het die legendariese Ray Thomas Jason aan Lance James voorgestel, wat so beïndruk was met sy talent dat hy hom genooi het om deel te neem aan die eerste Country Legendes en Vriende vertonings (2008 en 2009).  Later het Juanita du Plessis hom genooi om deel te wees van die KykNet Country program, waar hy die geleentheid gehad het om die verhoog te deel met die legendariese Tommy Dell.  Jason het in 2010 Nashville, die hoofstad van country musiek, besoek, waar hy die voorreg gehad het om saam met die wêreldbekende Chuck Jones op te tree.  Die hoofrede vir sy besoek was om soveel moontlik vervaardigers en liedjieskrywers te ontmoet.  Sy album, This is Country Music, is in 2012 vrygestel en die daaropeenvolgende album Dirt Road was sommer gou op die top tien in Norweë en Ierland, en doen steeds baie goed vir hom internationaal.  Jason is persoonlik genooi om Suid-Afrika in Nieu-Seeland te verteenwoordig by die Marton Country Festival in 2015.

Jason is deesdae ‘n gerekende kunstenaar op die plaaslike country-musiektoneel, en met sy skoon voorkoms, uitstekende kitaartegniek en die vermoë om die ware gevoel van 'n goeie Country-liedjie te projekteer, is Jason Bradley beslis besig om hom as ‘n Country-grote te vestig.

Twee Generasies Country beloof 'n aand van groot vermaak wat geskik is vir die hele gesin.  Kry jou kaartjies vir die ongelooflike musiekervaring nou op www.itickets.co.za.

 abr logo280