Get Adobe Flash player

Interessante Feite

Share

* 'n Kat het 32 spiere in elke oor.

* 'n Krokodil kan nie sy tong uitsteek nie.

* 'n Goudvis se geheue is net 3 sekondes lank. (Ek ken sulke mense)

* 'n Haai is die enigste vis wat albei sy oë kan knip. (Om toe te knyp voor hy jou opvreet?)

* 'n Slak kan vir 3 jaar slaap. (Wens ek kon)

* 'n Volstruis se oë is groter as sy brein. (Ek ken sulke mense ook)

* 'n Kat beskik oor meer as 100 vokale klanke.

* 'n Hond het net 10.

* 'n Skoenlapper proe met sy voete. (Ek loop kaalvoet in die kraal... dankie tog ek's 'n mens)

* Februarie 1865 is die enigste maand in die opgetekende geskiedenis wat nie 'n volmaan gehad het nie.

* Babas word gebore sonder knieskywe. Dit ontwikkel eers van ouderdom 2 tot 6 jaar. (Ek ken mense sonder ruggrate)

* In die afgelope 4000 jaar is geen nuwe dier as 'n huisdier getem nie. (Ja daar is - mans!)

* As die Chinese bevolking in 'n enkel gelid verby jou loop, sal die ry nooit ophou nie agv hul aanwaskoers.

* Leonardo Da Vinci het die skêr ontdek.

* Dit is onmoontlik om met oop oë te nies.

* Mens se oë is van geboorte dieselfde grootte maar jou neus en ore hou nooit op met groei nie. (Piet Koornhof ???)

* Geen woord in die Engelse taal rym met month, orange, silver, of purple nie.

* "Stewardesses" is die langste Engelse woord wat met die linkerhand getik word - "lollipop" met die regterhand. (Word mense actually betaal om hierdie navorsing te doen?)

* 'n Gemiddelde persoon se linkerhand tik 56% van alle woorde.

* Die sinsnede "The quick brown fox jumps over the lazy dog" gebruik elke letter van die alfabet.

* TYPEWRITER is die langste Engelse woord getik met slegs een ry klawers op die sleutelbord.

* Die QE2 vaar 6 duim vir elke gallon diesel wat dit verbrand. (Dit verklaar die uiters duur kaartjies)

* Die Winter van 1932 was so koud dat die Niagara Watervalle gevries het.

* Daar is meer Hoenders as Mense op die aarde. (Nie in SA nie... hier word hulle vinniger gesteel en geëet as wat jy kan tel)

* Winston Churchill is in 'n dames kleedkamer gebore tydens 'n dansparty.

* Vroue knip hul oë twee keer soveel as mans.

 abr logo280