Get Adobe Flash player

Pieter Smith sing van Haas Das tot stukkie Van Der Merwe in Lefra se kelderkonserte

Pieter Smith sing van Haas Das tot stukkie Van Der Merwe in Lefra se kelderkonserte
Share

Lefra se Kelderkonserte bied aan:

Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe | Sondag, 9 Augustus 2020 @ 17:00

Besprekings: www.itickets.co.za

Meer inligting by: www.helenesingnana.co.za

Pieter Smith is een van die bekendste kunstenaars in Suid-Afrika, en aanhangers kan daarna uitsien om hom op  Sondag, 9 Augustus om 17:00 te sien in Lefra se Kelderkonserte in Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe, en besprekings kan by www.itickets.co.za  gedoen word.  Die Lefra Kelderkonserte word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings aangebied.

In Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe, neem Pieter ons op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan.  Ons almal ken die TV-kenwysies soos Haas Das se Nuuskas, Trompie en die Boksombende, Heidi en vele meer wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word.  Ons gaan ook van sy groot treffers hoor soos Op Die Eerste Een en Stukkie Van Der Merwe. Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê om gestand te doen aan die intimiteit van die Lefra Kelderkonserte. “Die Lefra Kelderkonserte is werklik ‘n besondere projek om dit vir ons kunstenaars moontlik te maak om steeds konsert te kan hou,” sê Pieter.  “Ons bring nou die konsert na jou sitkamer toe.  Dit bly natuurlik moeilik om op te tree as jy nie ‘n gehoor het nie, maar ons weet ons het nou ‘n groter gehoor hier in Suid-Afrika sowel as in die buiteland!”  Pieter versoek ook dat Suid-Afrikaners vir hulle mense in die buiteland laat weet om na die Lefra Kelderkonserte te kyk.  “Hierdie is werklik unieke konserte en mense gaan dit werklik baie geniet!”

As jy egter gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en net nog ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak.  Saamsing en vermaak uit die boonste rakke is nader aan die waarheid – veral van hierdie Pieter Smith-show in jou eie sitkamer.  Jol sommer saam met jou sloppies aan. Een van die hoogtepunte tydens die optrede is ook Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.  ‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.

Lefra het besluit om 'n reeks opwindende Lefra Kelderkonserte regstreeks vanuit ons eie kelder aan te bied vir ons aanhangers om steeds topklasvermaak tydens die inperkingstyd te geniet, en sommer ook om die winterkoue met ‘n lekker glasie wyn te verdryf!  En daar is nog goeie nuus: indien jy vir die volgende elf Kelderkonserte tesame bespreek, kry jy meer as 50% afslag!  Vir meer inligting hieroor, besoek gerus www.lefra.com.  Die volledige lys van Kelderkonserte lyk so:

  • 9 Augustus 2020: Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe (met Pieter Smith)
  • 16 Augustus 2020: Helene Bester sing Nana Mouskouri
  • 23 Augustus 2020: Gè Sing: Hoor My Lied!
  • 30 Augustus 2020: Huldeblyk aan Groep 2 (met Pieter Smith en Christo Snyman)
  • 6 September 2020: Twee Generasies Country (met Billy Forrest en Jason Bradley
  • 13 September 2020: Groet die Grotman 2 (met Wynand van Vollenstee)
  • 20 September 2020: Amper Oud (stand-up met Hanner Brümmer)
  • 27 September 2020: Kickin’ Country (met Jason Bradley)
  • 4 Oktober 2020: Liewe Heksie

Besprekings vir die Seisoenkaartjie vir die Lefra Kelderkonserte kan ook by www.itickets.co.za of by www.lefra.com gedoen word.

Op Sondag, 30 Augustus span Pieter kragte saam met Christo Snyman van Die Broers in die produksie Huldeblyk aan Groep 2.  Groep 2 met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika.  Met hulle groot treffers soos Die Oukralliedjie, Die Padda Wou Gaan Opsit en Daar Is Niks Soos Ware Liefde Nie, het Groep 2 alle rekords in die musiekbedryf laat spat.  Met hulle gewildheid in Suid-Afrika het hulle ook in 1968 liedjies by die EMI Ateljee in Londen opgeneem (waar die Beatles al hulle treffers opgeneem het) – Mangwane Mpulele en Little Go Go Girl.  Sias is in 1982 aan ‘n hartaanval oorlede na sy solo treffer, Sproetjies.  Gert het veral ook bekendheid verwerf as aanbieder van “Wielie Walie”.  In hierdie produksie bring Christo Snyman saam Pieter hulde aan Groep 2.  Bespreek nou ook by www.itickets.co.za

 abr logo280