Get Adobe Flash player

Lizz Meiring is op 2 Augustus te sien in LEFRA se Kelderkonserte in “Elke Ander Duim ‘n Dame!” In jou eie voorhuis!

Lizz Meiring is op 2 Augustus te sien in LEFRA se Kelderkonserte in “Elke Ander Duim ‘n Dame!”  In jou eie voorhuis!
Share

Lizz Meiring se eenvroustuk, Elke Ander Duim ‘n Dame vertel, vier en satiriseer moderne Suid-Afrikaanse mans en vrouens. Elke Ander Duim ‘n Dame is slim, skerp, snaaks, vermaaklik en verrassend.  Die materiaal is komies op ‘n eerste vlak, donker en satiries op ‘n dieper vlak.  Meiring skep verskillende style in die stuk – van vertelling tot tango.  Die karakters is almal eg, herkenbaar – met ‘n aweregse streep of twee!  Daar is die Presidente van Jong Dames Sianied, die neo-politiese kinderstorie, ‘n beduiwelde cupid, ‘n charismatiese kopier, ‘n Lolita huisvrou en ‘n aardse skoenkunstenaar.  Elke Ander Duim ‘n Dame is Lefra se Kelderkonsert op Sondag, 2 Augustus 2020 om 17:00, en die prys van ‘n kaartjie beloop R125.00 per huishouding.  Alle besprekings kan by itickets.co.za of lefra.com gedoen word.  Die Lefra Kelderkonserte het ook ‘n Seisoenkaartjie beskikbaar waar jy al die konserte kan sien teen slegs R600 vir 11 konserte.  Dit beteken die gemiddelde prys is R54 per konsert en die hele familie kan saamkyk.  Met die Seisoenkaartjie, kry jy ‘n hele R655 afslag!  Die Lefra Kelderkonserte word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings aangebied.

Groot, eksentrieke skoene speel ‘n belangrike rol in die opvoering en natuurlik verys die title Elke Ander Duim ‘n Dame na die hoogte van die hakke en natuurlik na Lizzie se …. uhm … gebrek aan lengte!

As jy nog nooit ‘n bondeltjie energie gesien het nie, hier is een! Lizz Meiring het genoeg lewenslus en energie vir ‘n hele netbal span en as jy genoeg tyd in haar geselskap deurbring, sal jy verstaan!

Maar almal luister tog te graag na hierdie passievolle vrou wat geen einde het nie. Die vermaakliheidsbedryf noem haar nie verniet Bizzie Lizzie nie. Haar talente is so in oormaat soos haar lewenslus. In 2014 toer sy die land plat met haar splinternuwe vertoning “Langpad en Lipstick”. Met ‘n reuse handsak op die verhoog delf sy diep in elke vroue se belangrikste stukkie bagasie – haar handsak. Die vertoning vertel van Lizz se ervaringe op die pad en hoe items uit daardie handsak al haar lewe gered het

Lizz se aanbieding by damesoggende bestaan gewoonlik uit ‘n seleksie van haar komesie sketse wat sy deur die loop van jare geskryf het vir onder ander haar rubriek in Rooi Rose. Die vertoning word dan ook die “Bizzie Lizzie Show” genoem. ‘n Boek met die soortgelyke titel is gepubliseer en is die ideale geskenk vir dames tydens ‘n vroue oggend. Die vertoning laat die vroue skaterlag en almal kan op een of ander manier identifiseer met die karakters in haar vertellinge.

Tog bly Lizz ook maar net mens en uit deernis vir haar mede reisigers, deel sy ook haar dieper geheime en inspireer mense tot groot hoogtes. Kyk hierdie is ‘n vrou wat selfs die stadigste agteros aan die gang sal kry! ‘n Meer bekwame seremoniemeesteres sal jy ook nie sommer kry nie. Haar deeglike navorsing oor elke maatskappy en instansie wat haar bespreek, stel haar in staat om elke klient spesiaal te laat voel en die persoonlike aandag aan elke klient maar haar baie gewild.

Omdat gesels vir haar so lekkerrrr is, is dit ook nie vreemd dat Lizz Meiring haarself as professionele afslaer gekwalifiseer het nie. Sy is ‘n lid van die SA College of Auctioneers. Elke veiling word in tipiese Lizz Meiring “celebrity style” gedoen . Dit is beslis “veiling hou” met ‘n verskil! Niemand ontsnap Lizz Meiring se afslaer aanslag nie en selfs die moeilikste koper moet uiteindelik swig onder haar oorredingsvermoë.

Haar lewe is ‘n fees sy deel dit graag met enige persoon wat bereid is om te luister. En dit in kort is Lizz Meiring!

 abr logo280