Get Adobe Flash player

“One man band” se Leo Sayer kom Suid-Afrika toe vir Kersfees Skouspel

“One man band” se Leo Sayer kom Suid-Afrika toe vir Kersfees Skouspel
Share

Lefra Produksies, die vervaardigers van onder andere die jaarlikse suksesvolle Kersfees Skouspel, het so pas aangekondig dat die wêreldbekende Leo Sayer Suid-Afrika toe kom in Desember om as internasionale gaskunstenaar op te tree in vanjaar se Kersfees Skouspel wat op 14 Desember om 20:00 by GrandWest  in Kaapstad aangebied gaan word en op 16 Desember om 15:00 by die Sun Arena van Time Square in Pretoria. Gehore kan uitsien na Leo Sayer se optrede, maar elf van Suid-Afrika se top kunstenaars gaan ook die verhoog met Sayer deel.  Nianell, Jak de Priester, Mathys Roets, Joshua na die Reën, Monique, Pieter Smith, Tasché wenner van THE VOICE, Steffie le Roux, Granville Michaels, Alwyn Oberholster en Scott Engelbrecht! Musikale regie deur Jaconell Mouton en regie deur Frans Swart.   Besprekings by Computicket 08619158000  of besoek www.kersfeesskouspel.co.za

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra sê hy is baie opgewonde dat Leo Sayer ingewillig het om Suid-Afrika toe te kom vir Kersfees Skouspel.  “Ons het nou alreeds ‘n standaard daar gestel om elke jaar ‘n internasionale kunstenaar Kersfees Skouspel toe te bring.  Verlede jaar het ons gehore Dana Winner vreeslik geniet en ek glo dat Leo Sayer net so ‘n treffer gaan wees.”  Leo Sayer is mal oor Suid-Afrika en is baie bly om Suid-Afrika te besoek.  “Ek is so bly ek kan deel wees van hierdie besondere Kersfeesproduksie, want Kerstyd is so ‘n spesiale tyd.  Natuurlik gaan ek ‘n paar van my treffers ook sing, maar die fokus gaan op Kersmusiek wees.  Ek sien ook vreeslik uit om saam met die Suid-Afrikaanse kunstenaars op te tree.  Ek wil nie te veel uitlap nie, maar ek gaan ook ‘n liedjie of twee saam met hierdie wonderlike talentvolle kunstenaars sing,” sê Leo.

Leo Sayer het werklik geen bekendstelling nodig.  Hy het in sy 40 jaar-loopbaan die wêreld deurkruis! Van die Olimpiese Stadion in Moskou deur na Central Park in New York, die Las Vegas Hilton, Wembley Arena tot by die Royal Albert Hall in Londen.  Hy het saam met die baie bekende Muppets en The Wiggles opgetree.  Omtrent elke liedjie wat Leo opgeneem het, was ‘n groot treffer.  Om maar net ‘n paar te noem: WHEN I NEED YOU, CAN’T STOP LOVING YOU, MORE THAN I CAN SAY, ONE MAN BAND en die immergewilde disco liedjie, YOU MAKE ME FEEL LIKE DANCING.  Leo skryf die meeste van sy liedjies self en het ook vir heelwat ander kunstenaars geskryf soos Tina Turner, Dolly Parton, Jennifer Warnes en Gene Pitney.  So saam met sy eie besige skedule het hy ook onder andere Cliff Richard se massiewe treffer, DREAMIN geskryf.  Die besige Leo Sayer het ook so pas weer ‘n nuwe album op die rak met die titelsnit, SELFIE!

 abr logo280