Get Adobe Flash player

Kom GROET DIE GROTMAN 2 by #CarnivalCity 10-13 Oktober 2019

Kom GROET DIE GROTMAN 2 by Carnival City 10-13 Oktober 2019
Share

Bespreek by Computicket 0861 915 8000

Groepe: 011 815 3000

BESPREEK HIER.

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir What's Up, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is 'n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

GROET DIE GROTMAN 2 is eersdaags by Carnival City se Mardi Gras Teater van 10-13 Oktober. Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of aanlyn by ons Bespreek-knoppies. Groepe meer as 10, kry ‘n lekker afslag. Skakel Monica by (011) 815 3000. GROET DIE GROTMAN 2 kan ook aangewend word om fondse in te samel. Tot R40 000 wins kan gemaak word – skakel Charl by (011) 815 3000 of epos ons aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280