Get Adobe Flash player

GROET DIE GROTMAN 2 by Atterbury Teater 23-25Aug// Lizz35 by Blou Hond 16Aug // Vele Meer Vermaak!

GROET DIE GROTMAN 2 by Atterbury Teater 23-25Aug// Lizz35 by Blou Hond 16Aug // Vele Meer Vermaak!
Share

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir What's Up, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is 'n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

GROET DIE GROTMAN 2 is eersdaags by die Atterbury Teater in Pretoria met lekker aand- en middag vertonings. Kom Groet die Grotman by die Atterbury Teater as volg: Vry, 23 Aug (20:00); Sat, 24 Aug (15:00 en 20:00); Son, 25 Aug (15:00)

Pryse: R180 per persoon. Bespreek by iTickets 086 1000 291 of kliek op BESPREEK HIER.

Bespreek Hier

Vanjaar vier Bizzie Lizzie (Lizz Meiring) 35 jaar in die vermaaklikheidbedryf!!! Om hierdie mylpaal te vier is ‘n spesiale vertoning/konsert geskep.

"Lizz 35" is 'n klets en skets konsert en vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis - plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle, die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en die bewonderaars.

In die uiters vermaaklike stuk, vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf, kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore.

’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting - dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig. Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorleweing en belewing - die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer.

Bespreek Hier

 abr logo280