Get Adobe Flash player

GE SING: HOOR MY LIED - huldeblykproduksie aan Ge Korsten by Carnival City! 31 Aug 2019

GE SING: HOOR MY LIED - huldeblykproduksie aan Ge Korsten by Carnival City! 31 Aug 2019
Share

Dis vanjaar 20 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, GÉ SING: HOOR MY LIED!  Die Musikale Regisseur is Chanie Jonker. Die produksie word op Saterdag, 31 Augustus om 20:00 in die Big Top Arena by Carnival City aangebeid, en besoek daarna GrandWest se Grand Arena op Saterdag, 28 September, ook om 20:00. Besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel of op www.computicket.com. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra te skakel by 011 815 3000, of ‘n e-pos te stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com. GÉ SING: HOOR MY LIED! word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines and Stuttaford van Lines.

Frans Swart, regisseur van GÉ SING: HOOR MY LIED sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, het ek die kamerawerk vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, GÉ SING gedoen. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie GÉ SING: HOOR MY LIED! word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars, waaronder Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt, Jannie Moolman, die PJ Twins en Taschè van TV se The Voice-faam, en volle orkes.

Born in Rotterdam, the Netherlands on 6 December 1927 as the youngest of eight children, Korsten and his family immigrated to South Africa when he was nine years old. 

From the age of 20, Gè started singing in choirs, and received his first formal vocal training in 1952, when he was well into his 20s, studying under Adelheid Armhold at the South African College of Music. In 1955 he moved to Pretoria, where he was one of the founder members of the Pretoria opera company. In 1956, he debuted as Canio in Ruggero Leoncavallo's Pagliacci. Korsten won a bursary to study in Vienna in 1962, where he received tuition under Judith Hellwig. During this period he had the opportunity to perform in Vienna and Munich, but he never sang professionally outside South Africa, mainly due to family considerations. It was only in 1970 that Korsten sold his business to devote himself to full-time singing. In the course of his operatic career, Korsten appeared on stage more than 3,000 times, playing 23 roles in most of the major operas.

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

GÉ SING: HOOR MY LIED! beloof ‘n aand se elegante vermaak, geskik vir die hele gesin, wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring. Kry jou kaartjies vir die ongelooflike teaterervaring nou by www,computicket.com of skakel 0861 915 8000. Vir groepbesprekings, kontak Lefra by (011) 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bespreek Hier

 abr logo280