Get Adobe Flash player

MY VROU SE MAN SE MANNETJIE by Atterbury Teater/ GROET DIE GROTMAN 2 by Pierneef Teater (7Maart) en Mosselbaai Stadsaal (9 Maart)

MY VROU SE MAN SE MANNETJIE by Atterbury Teater/ GROET DIE GROTMAN 2 by Pierneef Teater (7Maart) en Mosselbaai Stadsaal (9 Maart)
Share

Ons het sommer baie goeie nuus vir Suid-Afrika. GROET DIE GROTMAN 2 betree die verhoog in Suid-Afrika reeds vroeg in 2019. Lefra se wegholsuksesproduksie, GROET DIE GROTMAN, het vir langer as 10 jaar gespeel met meer as 1 000 vertonings regoor die land. Dit hou steeds die rekord vir die produksie wat die langste in Suid-Afrika gespeel het. GROET DIE GROTMAN 2 speel op 7 Maart om 19:00 by die Pierneef Teater in Pretoria. Bespreek by (012) 329 0709 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. GROET DIE GROTMAN 2 speel in Mosselbaai op 9 Maart om 19:00 in die Mosselbaai Stadsaal. Besprekings kan gedoen word by (044) 691-1039 of by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir Whats App, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is 'n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Vrouens ... julle gaan julle mans herken in GROTMAN 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou Vrou in GROTMAN 2 herken ... so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou ... net nie die middelvinger nie. Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk GROET DIE GROTMAN 2!

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kom skaterlag vir MY VROU SE MAN SE MANNETJIE

Atterbury Teater - Pretoria

13 & 14 Maart 2019 om 20:00

Besprekings: 0861 000 291

 Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op ‘n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê ... veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe - hy het 'n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkterte dieptes. Voeg egter daarby 'n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Marissa Claasen) en 'n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het 'n totale resep vir chaotiese lekkerlag!

MY VROU SE MAN SE MANNETJIE speel ook by vanjaar se Innibos Kunstefees in Nelspruit

Baie goeie nuus! MY VROU SE MAN SE MANNETJIE speel ook by vanjaar se INNIBOS KUNSTEFEES in Nelspruit van 26-29 Junie 2019. Besprekings vir INNIBOS open op 3 April 2019 by Computicket.

Maak solank ‘n nota van die skedule:

Woensdag, 26 Junie – 19:00

Donderdag, 27 Junie – 10:00

Vrydag, 28 Junie – 17:00

Saterdag, 29 Junie – 09:00

Ons speel by Lowveld High School en kaartjies kan bespreek word by Computicket 0861 915 8000

 

 abr logo280