Get Adobe Flash player

Bespreek GROET DIE GROTMAN 2 vir jou Organisasie en maak groot winste!

Bespreek GROET DIE GROTMAN 2 vir jou Organisasie en maak groot winste!
Share
  • We offer you a one-stop shop
  • Maak goeie winste met Lefra se Produksies
  • Great entertainment for your year end function
  • Sound, lighting, staging, technical

GROET DIE GROTMAN 2 beskikbaar in 2019

Ons het sommer baie goeie nuus vir Suid-Afrika. GROET DIE GROTMAN 2 betree die verhoog in Suid-Afrika reeds vroeg in 2019. Lefra se wegholsuksesproduksie, GROET DIE GROTMAN, het vir langer as 10 jaar gespeel met meer as 1 000 vertonings regoor die land. Dit hou steeds die rekord vir die produksie wat die langste in Suid-Afrika gespeel het.

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir What's Up, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is 'n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Vrouens ... julle gaan julle mans herken in GROTMAN 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou Vrou in GROTMAN 2 herken ... so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou ... net nie die middelvinger nie. Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk GROET DIE GROTMAN 2!

Speelplanne sal eersdaags bekend gemaak word, maar organisasies wat fondse wil insamel, kan nou reeds GROET DIE GROTMAN 2 bespreek. Baie groot winste kan gemaak word. Indien jy in die verlede GROET DIE GROTMAN bespreek en aangebied het, sal jy ook weet dat dit 'n groot treffer is wat elke keer totaal uitverkoop. Skakel nou vir Lefra by (011) 815 3000 of epos ons aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Vul gerus ook die maklike vormpie hier onder in. Dit plaas jou onder geen verpligting nie, maar help ons om vir jou 'n sakpas kwotasie uit te werk!

 abr logo280