Get Adobe Flash player

Kom skaterlag vir MY VROU SE MAN SE MANNETJIE by AARDKLOP (Potchefstroom) van 3-6 Okt 2018

Kom skaterlag vir MY VROU SE MAN SE MANNETJIE by AARDKLOP (Potchefstroom) van 3-6 Okt 2018
Share

Lefra Produksies doen dit weer - vanjaar se splinternuwe klug is ... wag vir dit ... My Vrou se Man se Mannetjie en ons kuier by vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom. My Vrou se Man se Mannetjie speel in die Beeld Ouditorium (Ou Sanlam Ouditorium op die PUK Kampus) met vertonings op Woensdag, 3 Okt 16:30; Woensdag, 4Okt 09:30; Vrydag, 5 Okt 15:00 en Saterdag, 6 Okt 14:30 Besprekings kan by TicketPro gedoen word deur 0861-008-277 te skakel, of op die webwerf www.ticketpros.co.za Baie maklik - kliek net op ons BESPREEK HIER knoppies. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur ons te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.mannetjie.co.za

Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op ‘n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê ... veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe - hy het 'n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkerte dieptes. Voeg egter daarby 'n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Tessa Denton) en 'n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het 'n totale resep vir chaotiese lekkerlag!

 abr logo280