Get Adobe Flash player

#Laerskole en #Hoërskole - skryf nou in vir die #Braaikompetisie en wen meer as R17 000 se vleis vir jou skool

Laerskole en Hoërskole - skryf nou in vir die Braaikompetisie en wen meer as R17 000 se vleis vir jou skool
Share

Die kompetisie is aan! Dis natuurlik amper weer braaidag! Watter laer- of hoërskool is die Braaikonings van vanjaar? Watter pa (of ma) het sy/haar seun (of meisie) die beste geleer om heerlike vleis te kan braai. Watter onderwyser of pa/ma kan die beste raad gee vir jou skool se braaigroepie? Hierdie lekker Meat World braaikompetisie vind plaas op Saterdag, 22 September vanaf 09:00 by die Springs Meat World by die Springs Mark. Dis baie maklik om in te skryf. 'n Skool moet 'n spannetjie van 5 leerders met een onderwyser/ouer as toesighouer inskryf. Meat World verskaf die vleis wat jy moet braai, maar alles anders wat jy benodig, moet jy self bring en organiseer. Skryf nou in. Vir meer inligting, skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kliek hieronder vir die reëls of aanlyn inskrywings.

 abr logo280