Get Adobe Flash player

#LieweHeksie besoek #AtterburyTeater

Liewe Heksie besoek Atterbury Teater
Share

Saterdag, 8 September 2018 om 10:00

Bring die kleingoed en vir oupa en ouma ook!

Besprekings: Computicket 08619158000

Groepe meer as 10 @ afslag: Monica (011) 815 3000

Die jongspan kan nader skuif, want na vele navrae keer Liewe Heksie en haar kaboutermaats terug na die Atterburyteater in Pretoria op Saterdag, 8 September om 10:00. Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000 of bespreek aanlyn www.computicket.com. Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word. Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg? Is dit die nare gifappeltjies? 

Vier uiters talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog. Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans. Debrè Opperman is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans. Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

Bespreek jou kaartjies vir Liewe Heksie nou by Computicket. Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280