Get Adobe Flash player

FIELA SE KIND by die Atterbury Teater van 22-26 Augustus. Laaste kans om FIELA op verhoog te sien!

FIELA SE KIND by die Atterbury Teater van 22-26 Augustus.  Laaste kans om FIELA op verhoog te sien!
Share

Skole kan nou bespreek vir FIELA SE KIND

Dalene Matthee se FIELA SE KIND - DIE DRAMA is vanjaar voorgeskryf vir Matrieks Afrikaans Tweede Taal.  Bekroonde regisseur, Suzanne van Wijk het die verwerking van FIELA SE KIND as drama behartig.  Frans Swart is regisseur.  Bekende aktrise, Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van FIELA!

Goeie nuus vir alle skole is dat opvoerings van FIELA SE KIND teen baie spesiale lae kaartjiepryse aangebied word sodat alle kinders FIELA SE KIND op die verhoog kan beleef.  Dit is ook die ideale kultuurprojek vir leerders om  'n besoek af te lê by enige van die teaters waar FIELA SE KIND tans opgevoer word.  Die spelers en regisseur is heeltemal bereid om voor die opvoering of na die opvoering met leerders te gesels en hulle vrae te beantwoord.

Dit is vir ons hier by Lefra Produksies baie belangrik om 'n nuwe generasie teatergangers te kweek.  FIELA SE KIND is die ideale produksie waarna u u leerders kan neem om ook die wonderwêreld van die teater te beleef.  Juis daarom subsidieer ons die kaartjies vir skole.  Tot so laag as R80 per kaartjie indien u groter groepe bring.

Skakel gerus vir Monica by (011) 815 3000 om te bespreek op watter dae en aande daar nog plek is, kostes ens.  U kan ook 'n epos stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.   Nog makliker - vul vir ons hierdie aanlyn vormpie hier onder in.  Dit gaan u werklik 'n paar minute neem en plaas u natuurlik onder geen verpligting nie.  Ons sien u almal by FIELA!

Wen kaartjies na Fiela se Kind by die Atterbury Teater

Drie van ons nuusbrieflede kan elkeen 'n dubbelkaartjie wen om FIELA SE KIND by die Atterbury Teater te gaan sien.  Al wat jy hoef te doen, is om hierdie nuusbrief aan meer as 20 van jou vriende en familie (of beter nog - aan jou hele adresboek) te stuur.  CC ons in dieselfde epos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Organiseerders is finaal!

 abr logo280