Get Adobe Flash player

Wynand “#KarateKallie” te sien by #Innibos in “My Man Se Skelmpie Se Skelmpie Se Vrou!”

Wynand “Karate Kallie” te sien by Innibos in “My Man Se Skelmpie Se Skelmpie Se Vrou!”
Share

Wynand van Vollenstee wat groot gewildheid in Suid-Afrika bekom het vir sy rol as “Karate Kallie” kan gesien word as in Lefra Produksies se baie suksesvolle klug, MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU!”  Wynand kan deesdae ook gesien word as Gielie in “OUBOET EN WORS”.  Hy het ook rolle vertolk in SUPERHELDE, PLATTELAND, BABELAAS, ERFSONDES en GETROUD MET RUGBY.  Hy het ook vir Lefra in die klug, MY VROU SE MAN SE VROU gespeel.”

Die skreeusnaakse klug, onder regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart, speel af in 'n elegante pels-salon van Schaap, Schaap en Zuma.  My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou besoek die Innibos Kunstefees in Nelspruit vanaf 27 tot 30 Junie, en speel op Woensdag. 27 Junie 2018 @ 18:00, Donderdag, 28 Junie 2018 @ 10:00, Vrydag, 29 Junie 2018 @ 20:00 en Saterdag, 30 Junie 2018 @ 09:00 by Lowveld High.  Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com.  Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur ons te skakel by 011 815 3000 ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur.  Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.skelmpie.co.za.  Die produksie word aangebied in samewerking met Stuttafords van Lines, Counterpoint Furnsihers en RSG en Sounds Good

Wynand sê dis vir hom heerlik om die rol van Arno te speel.  “Jong, ou Arno byt te veel af!  Die hormone is aan die werk en Janie, gespeel deur Jennifer Myburgh, is te mooi.  Ek werk my alie af op die verhoog, want so eie aan die klug beweeg alles baie vinnig.  Arno probeer ‘n “skelmpie” aanskaf, maar daar is soveel faktore wat teen hom werk, dat mense maar self sal moet kom kyk of hy uiteindelik sy “skelmpie” kry!”

Arno Schaap (Wynand van Vollenstee), 'n flambojante ekstrovert, beplan om die pragtige jong onkleedanseres Janie (Jennifer Myburgh) te verlei met behulp van 'n peperduur pelsjas.  Ongelukkig vir Mnr. Schaap, is Janie getroud met Harry Vlok (Phillru van Achterbergh), wat sonder twyfel snuf in die neus sal kry as sy by die huis opdaag met 'n duur jas.  Dus verminder Arno die prys daarvan drasties en Janie probeer vir Harry oortuig om die jas vir haar aan te skaf, terwyl Arno dan die verskil in die prys persoonlik inbetaal.  Harry besef dat die jas 'n winskoop is, en besluit om dit eerder vir sy skelmpie Sue Knoll (Candice Weber) te koop.

Arno is uit die veld geslaan deur die onverwagse gebeure en hy en sy assistent, Chris Haasbroek (Botha Enslin), word verder in die verleentheid gestel as Janie haar klere uittrek en weier om die salon te verlaat sonder die jas.  Hulle histeriese pogings om die pels terug te kry en die naakte Janie te versteek, word verder omgekrap deur die onverwagse terugkeer van Arno se vrou, Maude (Marissa Claasen).  En asof dit nie genoeg is nie, maak Sue se man André (Francois van Rensburg) ook sy verskyning.  En dan val die Kommandeur Holberg en sy vrou (Rouel Beukes en Elma Potgieter) ook tydig en ontydig in!

 abr logo280