Get Adobe Flash player

#REVUE! se wenners hierdie Sondag bekend gemaak #kykNETNOU #DSTV

Hoërskool Hugenote van Springs
Share

Die volgende semi-finaliste spook sake uit:

  • Hoërskool Hugenote van Springs
  • Hoërskool Midstream College van Pretoria
  • Hoërskool Hans Moore van Benoni
  • Hoërskool Jeugland van Kempton Park

REVUE!  is ‘n opwindende revuekompetisie vir Laer- en Hoërskole wat Sondae op kykNET NOU! (Kanaal 146 op DSTV) om 17:00 uitgesaai word.  Daar word ook ‘n “agter-die-skerms-Revue-program” uitgesaai, REVUE PLUS wat op Maandae om 16:30 op kykNET NOU! aan die beurt kom.  Die aanbieders van REVUE! en REVUE PLUS is Sue Pyler, Phillru van Achterbergh en Francois van Rensburg.  Die beoordelaars is aktrise en skrywer, Annette Engelbrecht, baie bekend vir haar rol van Maggie in ORKNEY SNORK NIE, sangeres en liedjieskrywer, Helene Bester en akteur, sanger en danser, Izak Davel.  Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking.  REVUE! word geborg deur die SPUR – trotse ondersteuner van die Suid-Afrikaanse Jeug.

REVUE! en REVUE PLUS is by Carnival City se Mardi Gras Teater en Big Top Arena voor ‘n gehoor opgeneem. 

Die heruitsendings is as volg:

REVUE! : Maandae (15:00); Woensdae (18:00); Donderdae (11:00) en Vrydae (15:00)

REVUE PLUS: Dinsdae (14:00); Donderdae (15:30); Vrydae (17:30) en Saterdae (11:30)

Hierdie Sondag kom die vier semi-finaliste in die Hoërskole Afdeling teen mekaar.  Die vier semi-finaliste is:

  • Hoërskool Hugenote van Springs
  • Hoërskool Midstream College van Pretoria
  • Hoërskool Hans Moore van Benoni
  • Hoërskool Jeugland van Kempton Park

Daar is ook ‘n spesiale heruitsending van die Laerskole Semi-Finaliste hierdie Saterdag om 16:00 op kykNET NOU (Kanaal 146) en die aanwys van die wenners in die Laerskole Afdeling.  Die vier semi-finaliste in die Laerskole Afdeling is:

  • Laerskool Kenmare van Krugersdorp
  • Laerskool Wierdapark (Jnr) van Pretoria
  • Midstream College Laerskool van Centurion
  • Laerskool Hennopspark van Pretoria

Die wenners in die Laerskole en Hoërskole ding ook teen mekaar mee om die trofee vir die Algehele Wenner van REVUE! vir 2018.

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, en waar die idee van ‘n televisie-revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die standaard van die revues. “Sjoe ons het ongelooflike revues gesien vanjaar.  Die een wil werklik beter wees as die volgende een.  Ongelukkig kan daar net een wenner wees.  Ek het ons beoordelaars werklik jammer gekry, want elke liewe revue het iets spesiaals gehad en hulle sou graag almal wenners wou maak.”

Swart sê dat die kompetisie op ‘n uitklopbasis aangebied is.  “Ons het ook ‘n realiteitshoek aan die hele kompetisie gegee.  Die belangrikste egter is dat elke program ‘n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.  Ons besef maar te goed dat REVUE!  ‘n kompetisie is, maar ons glo ook dat dat skole, onderwysers, afrigters en leerders die geleentheid gebruik het om nuwe vriende te maak.”

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat van deelname.  Meer as R45 000 se kontantpryse is op die spel.  SPUR skenk ook R10 000 vir die twee wenskole waarmee die skole hul revuelokale kan opgradeer.   Daar is ook ‘n lekker verrassing vir die Revue Organiseerders – die wen laer- en hoërskool se Revue Organiseerders wen elkeen ‘n kajuit vir twee na die suksesvolle OPPIWATER KUNSTEFEES op die MSC Sinfonia van Durban na Mosambiek.  Wenskole ontvang ook pragtige trofees wat deur die skool gehou kan word.

REVUE!  word aangebied met die vriendelike samewerking van kykNET NOU! SPUR, Carnival City, Lefra Produksies, Hollywood Costumes en Neuhoff Ouditeure, 

Skole kan reeds inskryf vir hierdie jaar se Revuekompetisie wat weer by Carnival City se Mardi Gras Teater en Big Top Arena aangebied sal word.  Optreedatums is ook reeds bekendgemaak vir skole se eie beplanning:

  • Hoërskole: 14-18 Augstus 2018
  • Laerskole: 21-25 Augustus 2018
  • Finale: 11 en 12 September 2018

Vir meer inligting oor REVUE!  kontak asseblief vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Besoek gerus die webtuistes, www.kyknet.dstv.com  of  www.revues.co.za vir al die inligting. 

 

 abr logo280