Get Adobe Flash player

#FielaSeKind terug by #EmperorsPalace

FIELA SE KIND terug by Emperors Palace.
Share

Skole bespreek nou!

Dalene Matthee se FIELA SE KIND - DIE DRAMA is vanjaar voorgeskryf vir Matrieks Afrikaans Tweede Taal.  Bekroonde regisseur, Suzanne van Wijk het die verwerking van FIELA SE KIND as drama behartig.  Frans Swart, regisseur van die huidige FIELA SE KIND het ook Van Wijk se verwerking herverwerk.  Bekende aktrise, Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van FIELA!

Goeie nuus vir alle skole is dat opvoerings van FIELA SE KIND teen baie spesiale lae kaartjiepryse aangebied word sodat alle kinders FIELA SE KIND op die verhoog kan beleef.  Dit is ook die ideale kultuurprojek vir leerders om  'n besoek af te lê by enige van die teaters waar FIELA SE KIND tans opgevoer word.  Die spelers en regisseur is heeltemal bereid om voor die opvoering of na die opvoering met leerders te gesels en hulle vrae te beantwoord.

Dit is vir ons hier by Lefra Produksies baie belangrik om 'n nuwe generasie teatergangers te kweek.  FIELA SE KIND is die ideale produksie waarna u u leerders kan neem om ook die wonderwêreld van die teater te beleef.  Juis daarom subsidieer ons die kaartjies vir skole.  Tot so laag as R70 per kaartjie indien u groter groepe bring.

Skakel gerus vir Monica by (011) 815 3000 om te bespreek op watter dae en aande daar nog plek is, kostes ens.  U kan ook 'n epos stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.   Nog makliker - vul vir ons hierdie aanlyn vormpie hier onder in.  Dit gaan u werklik 'n paar minute neem en plaas u natuurlik onder geen verpligting nie.  Ons sien u almal by FIELA!

Gratis Meat World Musiekfeeste by Springs, Edenvale en Centurion

  • Saterdag, 7 April van 10:00
  • Groot kunstenaars!
  • Bring jou kampstoel en saambreel en geniet hierdie gratis musiekfeeste!
  • Vlooimarkstalletjies - skakel 083 254 7293 of 011 815 3000
  • Epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Ontmoet Ben Kruger van Binnelanders by Meat World Centurion

Manie Jackson, Franja du Plessis, Liewe Heksie by Edenvale Meat World!

Heeltemal gratis

Ouers - bring die kinders voor 10:00 vir Liewe Heksie

 abr logo280