Get Adobe Flash player

#MEATWORLD hou groot #musiekfeeste by #Springs, #Edenvale en #Centurion

MEAT WORLD hou groot musiekfeeste by Springs, Edenvale en Centurion
Share

Meat World by die Springs Varsprodukstemark, by die Gateway Plaza in Centurion en by die Meadowdale Value Centre in Edenvale, hou Saterdag, 7 April heerlike musiekfeeste by hierdie Meat Worlds.  Meat World gee ook 14 Suzuki Swifts weg by alle takke van Meat World op 7 April 2018.  Om vir hierdie lekker kompetisie in aanmerking te kom, moet jy vir meer as R100 by enige tak van Meat World koop voor of op 6 April, en dan jou inskrywingsvorm met kasregisterstrokie in die kompetisie boks gooi. Semi-Finaliste wat vir die kartrekking in aanmerking geneem word sal deur Meat World getrek word en sal ook telefonies in kennis gestel word.  Indien jy as semi-finalis getrek is, moet jy Saterdag teenwoordig wees by Meat World met jou ID Dokument.  Slegs die persoon wat vir die kompetisie ingeskryf het, kan in aanmerking kom vir die trekking. Meer inligting by www.meatworld.co.za

Daar word ook baie lekker vlooimarkte by die Meat Worlds by die Springs Mark en Meadowdale Value Centre gehou.  As jy belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, skakel vir Lefra by (011) 815 3000 of 083 254 7293

Wonderlike kunstenaars gaan heeltemal gratis by die verskeie Meat World-takke optree.  By die Springs Meat World (Springs Mark) is die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards die seremoniemeester.  Daar kan ook uitgesien word na optredes deur Die Ventertjies, Willem Botha en Manie Jackson.

Musiekliefhebbers in Centurion kan uitsien na Manie Jackson, Die Ventertjies, Ruan Josh, en dan kom kuier Liewe Heksie en haar Blommeland-maats ook daar.  Die seremonimeester is Ben Kruger wat tans baie bekend is vir sy rol in Binnelanders.

By die Meat World Edenvale kan Edenvalers die Meadowdale Value Centre besoek.  Derrich Gardner sal seremoniemeester wees en gaste kan uitsien na optredes deur Franja du Plessis, Alwyn Oberholster en Liewe Heksie en haar Blommeland maats kom die jongspan vermaak.  Ouers moet sorg dat hulle kinders reeds 10:00 by die Meadowdale Value Centre is, want dan kan die kleintjies lekker Heksie kyk.

Die Besturende Direkteur van die Meat World Groep van Maatskappye, Angelino Pereira, sê dat die Meat World Musiekfeeste al vir die afgelope 25 jaar aangebied word.  “Hierdie is vir ons ‘n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning.  Ons gee ook 14 motors weg op 7 April 2018 en dit is vir Meat World baie lekker om 14 van ons kliënte op hierdie manier te bederf.”  Pereira sê ook dat hy baie trots is op watter maniere Meat World die gemeenskappe bedien.  “Dit is vir ons so belangrik dat elke Meat World sal teruggee aan die gemeenskap wat ons bedien.  Juis daarom nooi ons almal om hierdie wonderlike musiekfeeste saam met ons te geniet.  Heeltemal gratis en verniet!”

Meat World bied ook baie spesiale aanbiedinge op vleis aan op 7 April.  Maak ‘n draai by enige tak van Meat World en maak jou vrieskas vol!  Meer inligting kan verkry word van www.meatworld.co.za of skakel (011) 815 3000.

 abr logo280