Get Adobe Flash player

FIELA SE KIND by Carnival City: 7-18 Februarie 2018. Bespreek by Computicket

FIELA SE KIND by Carnival City: 7-18 Februarie 2018. Bespreek by Computicket
Share

Lefra Produksies se baie suksesvolle produksie, FIELA SE KIND met Shaleen Surtie-Richards in die rol van FIELA het in 2017 ongekende suksesse beleef.  As gevolg van hierdie uitverkoopte teaters en suksesse het Lefra Produksies besluit om FIELA SE KIND weer in 2018 regoor Suid-Afrika aan te bied.  FIELA SE KIND – DIE DRAMA is ook weer eens voorgeskryf vanjaar vir Matrieks – Afrikaans Addisionele Taal.  “Dit was wonderlik om in 2017 soveel kinders by hierdie besondere produksie te gehad het.  Al die Afrikaanse onderwysers was dit eens dat die opvoering van FIELA hulle leerders ongelooflik baie gehelp het, sê regisseur en vervaardiger, Frans Swart.   “Na die groot suksesse wat FIELA behaal het, het ons besluit om voort te gaan met hierdie produksie in 2018 weer regoor die land te toer.  Dit was nog altyd Lefra se motto dat ons teater na die mense toe bring.  Daar was seker nie een speelvak waar ons nie uitverkoop was en ekstra vertonings moes skeduleer.  Dis lekker, want as teater so goed doen, is daar nog ‘n kans vir teater in SA.”

Vian Singleton het die Klein Benjamin in 2017 gespeel en Phillru van Achterbergh die groot Benjamin.  “Vian het klein Benjamin/Lukas briljant vertolk – soveel so dat hy ‘n Broadway World-toekenning gewen het as die Beste Ondersteunende Akteur in 2017.  Maar soos dit met 12-jarige seuntjies gaan – hulle rek oornag!  Toe ons in Januarie met repetisies vir FIELA begin het, het ek onmiddellik besef dat Vian te groot en lank geword het.  ‘n Mens moet onthou dat Benjamin, wat sy ma se oogappel was, klein en baie kwesbaar moet wees.  So om geloofwaardigheid aan Dalene Matthee se teks te gee, moes ons die moeilike besluit neem om Vian as Benjamin/Lukas te vervang.”  Swart sê hulle het meer as 100 seuntjies vir oudisies gesien en uiteindelik besluit om die rol van Benjamin/Lukas aan Eloff Snyman toe te ken.  Die jong akteur wat alreeds van vroeë ouderdom in advertensies speel, het verlede jaar sy rolprentdebuut gemaak in die fliek, LIEWE KERSVADER.  Eloff is ‘n Graad 7 leerder van die Laerskool Durbanville in Kaapstad.  Sy pa is die bekende Christo Snyman van BROERS-faam en sy ma, Danel, is ‘n arbeidsterapeut.

Bespreek Hier

 abr logo280