Get Adobe Flash player

Laaste kans om in te skryf vir #LefraProduksies & #kykNETnou! se #revuekompetisie

Laaste kans om in te skryf vir Lefra Produksies en kykNET Nou! se revuekompetisie, Revue 2017
Share

Laerskole en Hoërskole regoor Suid-Afrika het nog so ‘n laaste kans om in te skryf vir vanjaar se Skolerevuekompetisie, REVUE 2017 wat in September en Oktober by Carnival City se Mardi Gras vir kykNET NOU! (Kanaal 146 op DSTV) verfilm sal word.  Sluitingsdatum vir inskrywings is 11 September 2017.  Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Vir meer inligting besoek www.revues.co.za  REVUE 2017 word aangebied met die vriendelike ondersteuning van SPUR.

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, en waar die idee van ‘n nasionale revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die projek.  “Ons het verlede jaar weggespring met REVUE 2016 en dit was 'n reuse sukses!  In die proses het ons natuurlik baie geleer en al daardie verbeterings sal vanjaar op die verhoog gesien word.  REVUE 2017  skep ‘n wonderlike platform vir skole om na mekaar se werk en produksies te kyk en te geniet.  Dit bied ook vir skole die geleentheid om te sien waar hulle eie standaard lê deur dit met ander produksies te vergelyk.  Ons is ook werklik baie opgewonde dat kykNET NOU! die reeks gaan uitsaai en hierdie kunsvorm aan Suid-Afrika verder bekend gaan stel.   Ons is ook baie opgewonde oor SPUR wat besluit het om REVUE 2017 vir die volgende twee jaar te borg en dit vir ons moontlik te maak om die standaard van hierdie projek nog verder te verhoog!"

Mnr Allen Ambor, Uitvoerende Voorsitter van SPUR STEAK RANCHES sê SPUR is baie bevooreg om deel van REVUE 2017 te wees.  “SPUR is baie bekend daarvoor dat ons met vreugde in die jeug van Suid-Afrika belê.  Hierdie opwindende projek, REVUE 2017, bied vir ons ’n ideale geleentheid om ook kultuur en teater verder te bevorder.  Skole spandeer baie van hul kosbare tyd, energie en geld om hierdie produksies op die planke te bring. Ongelukkig word dit dan net vir ‘n week of wat opgevoer wat baie hartseer is, want hierdie revues is regtig van hoë gehalte.  Met REVUE 2017 gee ons die produksies en die talentvolle jeug ‘n verdere kans om hul talente op ’n nasionale verhoog uit te leef gedurende die televisie-uitsendings op kykNET NOU! (Kanaal 146).  Op hierdie manier kan die res van die land die opwindende Revue-opvoerings sien en deel wees van dié top gehalte kompetisie!  SPUR is trots om deel van REVUE 2017 te wees.”

Karen Meiring, M-Net: Direkteur van kykNET-kanale op DSTV sê dat kykNET NOU!  baie waarde heg aan REVUE 2017.  “Dit is vir kykNET baie belangrik om projekte saam met skole aan te pak en ons is trots om die harde werk van die onderwysers en leerlinge op ons platforms ten toon te stel.”

Die Laerskole se uitdunne sal van 19-21 September 2017 plaasvind met die Semi-Finale van die Laerskole op 22 September 2017.  Hoërskole se uitdunne vind plaas op 23 en 24 September 2017 met die Semi-Finale op 25 September 2017.  Die Finale sal in die Big Top Arena van Carnival City aangebied word op 18 Oktober 2017.  Kaartjies vir die verskillende rondtes kan by deelnemende skole verkry word en daar sal ook kaartjies by Computicket beskikbaar wees.

Verlede jaar se wenners van REVUE was Laerskool Baanbreker in die Laerskole-afdeling en Hoërskool Hans Moore in Hoërskole-afdeling.  Hoërskool Hans Moore was ook die oorkoepelende wenner van REVUE 2017.

Inskrywingsvorms en reëls is beskikbaar by Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Volledige inligting is beskikbaar by www.revues.co.za

 abr logo280