Get Adobe Flash player

Karate Kallie het ‘n “Skelmpie” by die Vrystaat Kunstefees

Karate Kallie het ‘n “Skelmpie” by die Vrystaat Kunstefees
Share
  • Vertaling en Verwerking Frans Swart
  • Regisseur Frans Swart
  • Assistent-regisseur: Phillru van Achterbergh
  • Met Ana van Achterbergh, Anel du Plessis, Elma Potgieter, Francois van Rensburg, Marissa Claasen, Jennifer Myburgh, Johny Klein, Phillru van Achterbergh, Rouel Beukes en Wynand van Vollenstee
  • Sand du Plessis-teater, Bloemfontein
  • Vrydag, 21 Julie @ 14:30 & @ 19:00 | Saterdag, 22 Julie @ 19:30
  • in samewerking met Bains Lodge, Stuttafords van Lines, RSG en Sounds Good
  • Besprekings: Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com
  • Groepe van meer as 10 & gasvryheidspakkette: Skakel 011 815 3000 of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wynand van Vollenstee, beter bekend as “Karate Kallie” en vele ander rolle het dalk ‘n skelmpie of twee by die Vrystaat Kunstefees van 20 tot 22 Julie 2017.  Wynand speel in Lefra Produksies se MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU wat by die Sand du Plessis Teater.  Die “skelmpies” speel op Vrydag, 21 Julie om 14:30 en 19:00 en Saterdag, 22 Julie om 19:30.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of op die webtuiste www.computicket.com

Lefra se klugte is alreeds ‘n jaarlikse instelling en in 2017 kan aanhangers uitsien na My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou.  Die skreeusnaakse klug, onder regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart, speel af in 'n elegante pels-salon van Schaap, Schaap en Zuma. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.skelmpie.co.za.  Die produksie word aangebied in samewerking met Bains Lodge, Stuttafords van Lines, Counterpoint Furnishers, RSG en Sounds Good.

Arno Schaap (Wynand van Vollenstee), 'n flambojante ekstrovert, beplan om die pragtige jong onkleedanseres Janie (Jennifer Myburgh) te verlei met behulp van 'n peperduur pelsjas.  Ongelukkig vir Mnr. Schaap, is Janie getroud met Harry Vlok (Phillru van Achterbergh), wat sonder twyfel snuf in die neus sal kry as sy by die huis opdaag met 'n duur jas.  Dus verminder Arno die prys daarvan drasties en Janie probeer vir Harry oortuig om die jas vir haar aan te skaf, terwyl Arno dan die verskil in die prys persoonlik inbetaal.  Harry besef dat die jas 'n winskoop is, en besluit om dit eerder vir sy skelmpie Sue Knoll (Anel du Plessis) te koop.

Arno is uit die veld geslaan deur die onverwagse gebeure en hy en sy assistent, Chris Haasbroek (Johny Klein), word verder in die verleentheid gestel as Janie haar klere uittrek en weier om die salon te verlaat sonder die jas.  Hulle histeriese pogings om die pels terug te kry en die naakte Janie te versteek, word verder omgekrap deur die onverwagse terugkeer van Arno se vrou, Maude (Marissa Claasen).  En asof dit nie genoeg is nie, maak Sue se man André (Francois van Rensburg) ook sy verskyning.  En dan val die Kommandeur Holberg en sy vrou (Rouel Beukes en Elma Potgieter) ook tydig en ontydig in!

Regisseur, Frans Swart, sê dat hy werklik met heelwat “mal” klugte gewerk het.  Maar die een vat die koek!  Kyk ek moes self kop hou wie nou eintlik wie se ‘skelmpie’ is.  Alles begin by ‘n pelsjas, want kyk ‘n ‘skelmpie’ is mal oor ‘n pelsjas.  Saam met die pelsjas kom aansien, ‘n duur sportmotor, ‘n woonstel in Ballito en vele meer.  Die arme Arno weet later werklik nie of al die spandabelrigheid die moeite werd is nie.  Sy eie planne word ook erg in die wiele gery, want net soos dit die klug behaag, boomerang al sy planne.  Daar is heelwat ander verrassings wat ons nou nie hier kan weggee nie – al wat ek kan sê, is dat die balkon en die pelsjas self ook belangrike rolle speel.”

Bespreek jou kaartjies vir My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com.  Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 abr logo280