Get Adobe Flash player

FIELA SE KIND toer landwyd! Shaleen Surtie-Richards terug in die rol van Fiela na 30 jaar. Moet dit nie misloop nie!

FIELA SE KIND toer landwyd! Shaleen Surtie-Richards terug in die rol van Fiela na 30 jaar.  Moet dit nie misloop nie!
Share

FIELA SE KIND word is terug op die verhoog met Shaleen Surtie Richards in die hoofrol van Fiela.  Die produksie toer tans landwyd en is totaal uitverkoop waar dit ook al gespeel het.  Shaleen sê dis wonderlik om weer Fiela te speel.  "Ai man ... dertig jaar later en soveel ander rolle later.  Toe gee Frans Swart, die regisseur, my weer die geleentheid om Fiela te speel.  Weet jy, toe ek daai kopdoek opsit, toe kom alles weer terug.  Toe is ek weer Fiela.  En elke akteur kry mos een rol wat net vir hom of haar bedoel is.  Fiela is my rol en dis  'n eer vir my om weer te gaan delf in Dalene Matthee se uitstekende roman wat met soveel liefde geskryf is."

Dalene Matthee se FIELA SE KIND - DIE DRAMA is vanjaar voorgeskryf vir Matrieks Afrikaans Tweede Taal.  Bekroonde regisseur, Suzanne van Wijk het die verwerking van FIELA SE KIND as drama behartig.  Frans Swart, regisseur van die huidige FIELA SE KIND het ook Van Wijk se verwerking herverwerk.  Bekende aktrise, Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van FIELA!

Skole kan nou bespreek vir FIELA SE KIND - spesiale tariewe vir groepe!

Goeie nuus vir alle skole is dat opvoerings van FIELA SE KIND teen baie spesiale lae kaartjiepryse aangebied word sodat alle kinders FIELA SE KIND op die verhoog kan beleef.  Dit is ook die ideale kultuurprojek vir leerders om  'n besoek af te lê by enige van die teaters waar FIELA SE KIND tans opgevoer word.  Die spelers en regisseur is heeltemal bereid om voor die opvoering of na die opvoering met leerders te gesels en hulle vrae te beantwoord. 

Dit is vir ons hier by Lefra Produksies baie belangrik om 'n nuwe generasie teatergangers te kweek.  FIELA SE KIND is die ideale produksie waarna u u leerders kan neem om ook die wonderwêreld van die teater te beleef.  Juis daarom subsidieer ons die kaartjies vir skole.  Tot so laag as R70 per kaartjie indien u groter groepe bring.

Skakel gerus vir Monica by (011) 815 3000 om te bespreek op watter dae en aande daar nog plek is, kostes ens.  U kan ook 'n epos stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.   Nog makliker - vul vir ons hierdie aanlyn vormpie hier onder in.  Dit gaan u werklik 'n paar minute neem en plaas u natuurlik onder geen verpligting nie.  Ons sien u almal by FIELA!

 abr logo280