Get Adobe Flash player

Francois van Coke, Heuwels Fantasties en meer in ROCK IN MY TAAL - Carnival City - 20 Mei 2017

Francois van Coke, Heuwels Fantasties en meer in ROCK IN MY TAAL - Carnival City - 20 Mei 2017
Share

Bespreek by Computicket 0861 915 8000

Groepe meer as 10: (011) 815 3000

Francois van Coke se sololoopbaan het in April 2015 met ’n knal afgeskop toe hy sy gelyknamige debuutsolo-album geloods het. Die daaropvolgende jaar kan as ’n jaar van grenslose sukses met talle nommer een treffers, uitverkoopte vertonings, toekennings en verpletterde rekords beskryf word.  TOE VIND EK JOU was 'n reuse sukes!   Van Coke se tweede solo-album, Hierdie is die lewe, is twee maande gelede vrygestel en weer eens ry hy die golf van sukses. Van Coke en sy groep gaan vanjaar op publieke aandrang die verhoog met Die Heuwels Fantasties, SAARKIE en The Sweet Resistance deel by Rock in my Taal, die Afrikaanse rock-geleentheid van die jaar! Rock in my Taal vind plaas by Carnival City se Big Top Arena op Saterdag, 20 Mei om 20:00. Besprekings kan by Computicket gemaak word by 0861 915 8000 of www.computicket.com. Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag; kontak asseblief Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Praat gerus met ons oor samewerking ten opsigte van fondsinsamelingsprojekte. Vir meer inligting besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die konsert word moontlik gemaak met die vriendelike samewerking van Carnival City, Stuttaford Van Lines, RSG en Sounds Good.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280