Get Adobe Flash player

Revue 2017 - Aandag alle skole - Datums vir 2017 bekend gemaak!

Revue 2017 - Aandag alle skole - Datums vir 2017 bekend gemaak!
Share

Lefra Produksies se opwindende nasionale REVUEKOMPETISIE het verlede jaar afgeskop en was 'n reuse sukses!  Dit is ook op kykNET NOU! uitgesaai.  Die wenners in die Laerskole Afdeling was Laerskool Baanbreker en die wenners in die Hoërskole Afdeling was Hoërskool Hans Moore. Hoërskool Hans Moore het ook weggestap met die groot prys as BESTE OORKOEPELENDE REVUE.  Welgedaan aan al die Revues wat deelgeneem het.

REVUE 2017 word weer by Carnival City aangebied en die datums vir hierdie jaar se opwindende kompetisie, is vandag bekend gemaak.

Laerskole Afdeling: 19-24 September 2017

Hoërskole Afdeling: 7-13 Augustus 2017

Datums vir die semi-finale en ook vir die groot finale aande, sal eersdaags bekend gemaak word.  Alhoewel ons gaan poog om by hierdie datums te bly, mag dit moontlik verander.

Ons is tans besig om die reëls te hersien, maar sal dit eersdaags aan skole stuur met die inskrywingsvorms en nodige dokumentasie.  Skole se revues sal weer eens op 'n baie kort videotjie gekeur word.  Dit is egter belangrik dat skole wat belangstel om in te skryf vir ons so 'n aanduiding gee sodat ons u op ons databasis plaas vir toekomstige kommunikasie.  Skakel gerus vir Monica by (011) 815 3000 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  U is ook welkom om die aanlyn vormpie hieronder in te vul wat u natuurlik onder geen verpligting plaas nie.   As u kind moontlik betrokke is by u skool se revue, stuur asseblief hierdie nuusbrief aan die Skoolhoof of betrokkenes.  Natuurlik wil ons soveel inskrywings as moontlik vir REVUE 2017 ontvang.  Dit sal ook waardeer word indien hierdie Nuusbrief aan die Revue Afrigter en/of Organiseerder gestuur kan word.

Hierdie Revuekompetisie word vir Laer- en Hoërskole aangebied en alle laer- en hoërskole se revues word uitgenooi om aan hierdie landswye kompetisie deel te neem.  Die genre REVUE is vir ons baie belangrik en word ook op hierdie unieke en opwindende genre beoordeel.  Beoordelaars sal weer eens baie bekendes uit die vermaakbedryf wees.

 abr logo280