Get Adobe Flash player

Shaleen Surtie-Richards se skreeusnaakse WOEMA VAN 'N WINDGAT WYFIE vervang DIE STRIPSHOW op die OPPIWATER KUNSTEFEES

Shaleen Surtie-Richards se skreeusnaakse WOEMA VAN 'N WINDGAT WYFIE vervang DIE STRIPSHOW op die OPPIWATER KUNSTEFEES
Share

As gevolg van omstandighede buite ons beheer, is Timothy Kieswetter se DIE STRIPSHOW gekanselleer vir die Oppiwater Kunstefees.  Maar die goeie nuus is dat die plaasvervanger Shaleen Surtie-Richards is in Barry van Rensburg se skreeusnaakse, DIE WOEMA VAN 'N WINDGAT WYFIE.   Passassiers wat reeds vir DIE STRIPSHOW bespreek het, gebruik dieselfde kaartjie(s) en sitpleknommers vir DIE WOEMA VAN 'N WINDGAT WYFIE.  Indien u nie die vertoning wil sien nie, kan u geld terugbetaal word.  Kontak asseblief vir Monica by (011) 815 3000.  Aangesien besprekings vir Die Stripshow vir lank nie beskikbaar was nie, kan u nou vir DIE WOEMA VAN 'N WINDGAT WYFIE bespreek aangesien daar nog heelwat plekke beskikbaar is.  WOEMA speel op presies dieselfde dae en tye as STRIPSHOW.

Maandag, 1 Mei om 15:00 - Manhattan Bar

Donderdag, 4 Mei om 20:00 - Teatro San Carlo

Bespreek by Computicket 0861 915 8000 of kliek hieronder.

Dis Shaleen Surtie-Richards op haar beste! Sy skitter in hierdie eenvrouvertoning Woema van ‘n Windgat Wyfie - ‘n skreeusnaakse komedie  waarin die mensdom en verhoudinge bekyk word vanuit die perspektief van 'n vroulike “windgat”. Dis die vierde stuk in die reeks oor persoonlikheidstipes en volg op “Annale van ‘n Windgat”, “Ballade van ‘n Banggat” en “Jou gat, my skat”. Net soos in die vorige stukke lei “Woema van ʼn Windgat Wyfie” op ‘n humoristiese manier die teatergangers amper ongemerk tot beter begrip vir onderlinge verskille en tot groter verdraagsaamheid teenoor mekaar.

Hierdie windgat wyfie het ‘n oormaat WOEMA. ʼn Windgat-vrou is baie anders as ʼn windgat-man – meer subtiel en misterieus. Haar woema is onmiskenbaar met estrogeen en adrenalien vermeng. Hierdie vroulike perspektief skep heerlike komedie met raakvat wyshede, toegedien met deernis en lewensinsig.

Van die eerste keer oomblik dat Surtie-Richards op die verhoog verskyn tot by haar laaste buiging het sy die gehoor in die palm van haar hand.  Met haar spontane aanslag laat sy op so ‘n manier reg geskied aan Barry van Rensburg se slim geskryfde teks dat die gehoor telkemale skater van die lag. Sy beeld die verskillende karaktertipes se oortuigend uit dat jy dadelik daarin die mense om jou (en jouself!) herken.  Om  vrou-alleen ‘n saal vol mense vir amper ‘n uur lank te boei en te vermaak is sekerlik nie maklik nie. Die staande applous aan die einde van die vertoning bewys dat Surtie-Richards dit regkry.

 abr logo280