Get Adobe Flash player

#BobbyvanJaarsveld sing by opening van nuwe #MeatWorld in #Noordheuwels, #Krugersdorp

Bobby van Jaarsveld sing by opening van nuwe Meat World in Noordheuwels, Krugersdorp
Share

Nee dis nie ‘n April Fool’s Grap nie!  Bobby van Jaarsveld tree op by die opening van die nuwe Meat World by die Valley View Winkelsentrum op 1 April 2017 in die kenmerkende MEAT WORLD MUSIEKFEES.  Die vertoning begin vanaf 09:00 en alle belangstellendes word aangemoedig om hul eie kampstoele te bring om hierdie lekker gratis Musiekfees te geniet.  Die Valley View Winkelsentrym is geleë op die hoek van Robert Broom-weg en Van Oord-straat, Noordheuwels, Krugersdorp.

Meat World het reeds takke regoor die land en het deur die jare groot bekendheid verwerf vir die lekker Musiekfeeste wat hulle aanbied as deel van die openingspromosie van nuwe takke.  Vanjaar se Meat World Musiekfees spog met van die grootste name in die vermaaklikheidswêreld!  Bobby van Jaarsveld, Pieter Smith, DJ Ossewa, Alwyn Oberholster, Rembrandt van Rijn en Francois van Rensburg.  ‘n Volle opvoering van LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE sal ook gedoen word en al die ouers word aangemoedig om die kleintjies te bring om hierdie lekker opvoering te sien.  Shaleen Surtie-Richards wat tans in die verhoogproduksie van FIELA SE KIND speel, sal die seremoniemeester vir die dag wees.

Tydens amptelike openings van Meat World-takke, is daar natuurlik baie spesiale aanbiedinge wat geldig is by ALLE takke van MEAT WORLD. Smul aan heerlike Meat World-biltong teen slegs R139,99 per kg.  Maak jou vrieskas vol met grootmaat Rump Steak teen die ongelooflike prys van slegs R89,99 per kg!

Bobby van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 gebore en is die middelkind van drie kinders.  Hy het sy professionele sangloopbaan aan die einde van sy Graad 11-skooljaar begin toe hy sy eerste platekontrak aangebied is.  Hy het op 7 Januarie 2011 getrou met Ana Rheeders en hulle het drie kinders.  Bobby sê: “My grootste droom is om ‘n Engelse album op te neem wat internasionaal versprei kan word. Meeste van my Afrikaanse liedjies wat ek self geskryf het. Is gebore as Engelse liedjies en wat ek in Afrikaans vertaal het.  Ek glo en vertrou dat hierdie droom nog gaan word.”

As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit by ‘n Pieter Smith show, het jy ‘n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van ‘n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.  Een van die hoogtepunte tydens die optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.  En natuurlik ‘N STUKKIE VAN DER MERWE!

Shaleen Surtie-Richards is Seremoniemeester.  Sy is tans te sien in die trefferproduksie, FIELA SE KIND wat die land deurkruis.  .  Een van haar hoogtepunte op die amateurverhoog was in die stuk Die Swerfjare van Poppie Ngema in die legendarie Kaapse teater, Die Ruimte.  Shaleen het eers in die tagtigerjare ’n professionele akteur geword, en is sedertien ‘n huishoudelike naam.  Haar verhoogwerk werk die afgelope 30 jaar sluit in Hester in Fugard se Hallo en Koebaai (Fleur du Cap-teater-toekenning, beste aktrise, 1985), Fiela se Kind by die destydse Nico Malan-teater, Esther van Ryswyk se produksie van Hallo en Koebaai in 1987 (AA Life Vita-toekenning, mees uitstaande aktrise in 'n Afrikaanse stuk), Just like home (Pieter-Dirk Uys, 1989), Adam Small se Kanna Hy Kô Hystoe en Shirley Valentine (2008-2009).  Haar talle televisieverskynings sluit in optredes as aanbieder en rolle in dramas en reekse soos Generations, Sewende Laan en veral die rol van Nenna Willemse in Egoli.  Sy het die rol van Fiela vir die bekroonde filmweergawe van Fiela se Kind in 1988 ook vertolk.  Sy werk ook op die radio as verteller en aktrise, en is eersdaags te sien as Charmaine in e-tv se nuwe reeks, Broken Vows.

Kom geniet die gratis Meat World Musiekfees.  Kom vroeg.  Bring jou kampstoele en ‘n sambreel en kom hou Fees dat die biesies bewe.

 abr logo280