Get Adobe Flash player

John Jacobs se MY PASSIE VIR JESUS in Vereeniging/ FIELA SE KIND toer deur land!

John Jacobs se MY PASSIE VIR JESUS in Vereeniging/ FIELA SE KIND toer deur land!
Share

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Die Franse (Suid-Afrikaans gebore) Mimiekmeester, John Jacobs, is terug in Suid-Afrika vir 'n wyle met sy besondere produksie, MY PASSIE VIR JESUS.  In hierdie aangrypende produksie, vertel John sy eie verhaal.  'n Verhaal wat met baie struikelblokke in sy lewe gepaard gegaan het en hoe hy eintlik by Jesus uitgekom het en homself bekeer het.  "Hierdie is nie net my passie vir Jesus nie, maar dit beeld ook die passie uit wat Jesus vir ons het en hoe Hy vir ons gesterf het om ons sondes te vergewe," sê John.  MY PASSIE VIR JESUS was 'n groot sukses by die onlangse Aardklop Kunstefees en toer tans deur Suid-Afrika.  Die produksie speel Sondag, 19 Februarie 2017 om 18:00 by die Johan van Rensburg Kleinteater in Vereeniging.  Om te bespreek, skakel 016 424 1555.

 abr logo280