Get Adobe Flash player

Oudisies vir Fiela se Benjamin Komoetie

Oudisies vir Fiela se Benjamin Komoetie
Share

Lefra Produksies beplan om in 2017 weer ‘n verhoogproduksie van Dalene Matthee se trefferproduksie, FIELA SE KIND op te voer.  Dit sal die derde produksie van FIELA SE KIND wees wat Lefra Produksies aanbied.  Vorige kere was die teaterproduksies baie gewild en vir weke uitverkoop.  Frans Swart, regisseur en vervaardiger van FIELA SE KIND sê hy is baie opgewonde om weer bos toe te gaan en hierdie wonderlike storie van Fiela te vertel.  “As mens ‘n goeie storie het, is dit soveel makliker om ‘n sukses daarvan te maak op die verhoog.  Ons is veral opgewonde om hierdie FIELA te premiére by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.  Daarna vertrek FIELA op die oseaan en speel ook op die baie suksesvolle OPPIWATER KUNSTEFEES,” sê Swart. 

Swart sê hy is veral ook opgewonde dat Shaleen Surtie-Richards wie die eerste Fiela gespeel het, ingewillig het om na al die jare weer FIELA te speel.   Shaleen sê: "Wel, dis presies 30 jaar gelede dat ek Fiela vir die eerste keer op die verhoog gespeel het.  Toe regisseur Frans Swart my bel en vra of ek Fiela weer wil speel, toe dink ek so by myself ... Shaleen maar dis seker nou weer tyd om jou rol van FIELA terug te neem!" sê sy.  "Na al die jare sien ek vreeslik uit om weer vir FIELA te speel en kan nie wag om weer op die verhoog te kom met hierdie lekker rol nie!"

Swart sê dat hulle reeds meer as 150 seuns oudisie het vir die rol van Benjamin/Lukas.  “Ons het egter nog nie die presiese Benjamin/Lukas gevind nie.  Al die seuns wat ons reeds gesien het, het wonderlike talent, maar die outjie wat hierdie rol kry, moet sekere kwaliteite hê.  Ek weet dat daar êrens in Suid-Afrika nog die perfekte Benjamin/Lukas skuil.  Ons sal weet as dit die regte een is.”  Swart sê dat die seun tussen 10-14 jaar kan wees – afhangende van die liggaamsbou.  “Benjamin is ‘n plaas seun wat vir Fiela die volstruise aanjaag en lekker kattekwaad aanjaag.  Hy sal eerder met sy selfgemaakte houtskuitjie op die dam speel as om die volstruise op te pas.  Benjamin ervaar dan erge trauma, want hy word summier van sy “Ma” af weggevat en onder haglike omstandighede in die bos gegooi en skielik moet hy Lukas van Rooyen wees.  Juis daarom kyk ons na ‘n seun wat ook daardie innerlike vertolking kan bied”

Daar gaan ook oudisies vir die volgende rolle gedoen word:

Benjamin (Kind) Blanke seun, 10 tot 14 jaar.  Fiela se vondelingkind.  Seun van Barta en Elias
Nina (Kind) Blanke dogter, 10 tot 14 jaar.  Dogter van Barta en Elias.
Lange / Magistraat / Skoonmaker by Hof / Boswagter / Martiens Lang, skralerige man, 40 tot 50 jaar
Willem (Kristoffel) Blanke seun, 14 tot 18 jaar.  Seun van Barta en Elias.
Dawid (Tollie) Bruin seun, 14 tot 18 jaar.  Seun van Fiela en Selling.
Emma (Kitty) Bruin dogter, 14 tot 18 jaar.  Dogter van Fiela se Selling.

Swart sê hy is onder andere baie trots op Stefan Vermaak (Villa Rosa) wat agt jaar gelede vir Lefra gespeel het as die klein Benjamin  en sy eerste tree in die vermaaklikheidswese gegee het onder regie van Sandra Prinsloo.  “Hierdie is so ‘n lekker rol vir enige seun wat ‘n belangstelling in die teaterweses het,” sê hy.  “Dit sal help as die kinders reeds drama opleiding gehad het, maar dit is beslis nie ‘n vereiste nie.”

Belangstellendes kan CV’s en ‘n onlangse foto epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Die sluitingsdatum vir oudisies is 8 Februarie om 13:00.  Vir meer inligting, skakel gerus vir Charl Senekal by 011 815 3000 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280