Get Adobe Flash player

Oppiwater Kunstefees Program 2017 bekend gestel! Bespreek van 1Nov by Computicket.

Oppiwater Kunstefees Program 2017 bekend gestel!  Bespreek van 1Nov by Computicket.
Share

OPPIWATER KUNSTEFEES 2017

30 April tot 5 Mei 2017

 Aankondiging van Program!

 Bespreek vanaf 09:00 op 1 November 2016

RSG en Lefra Produksies se vierde Oppiwater Kunstefees vind volgede jaar plaas van 30 April tot 5 Mei 2016 op die nuwe en meer luukse MSC Sinfonia.  Hierdie MSC Sinfonia is vir die afgelope twee jaar baie groter gemaak en ten volle nuut oor gedoen.  Luukse op sy beste!  Die Oppiwater Kunstefees het oor drie jaar bewys dat dit een van die gewildste Kunstefeeste in die land is.  Waar kan jy van ons beste toneel-, kabaret-,komedie, musiek- en toneelproduksies in een week in die luukse omgewing van die MSC Sinfonia sien?  As jy nog nie vir Oppiwater, bespreek het nie, skakel onmiddellik 0860 11 44 11 of epos ons aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Jy kan ook aanlyn bespreek op die onderste knoppie.  Vir meer inligting, kontrak Lefra by (011) 815 3000

 Ons is werklik baie opgewonde oor 2017 se program.  Daar is van die top kunstenaars, produksies, omroepers, geleenthede en vele meer. Nou begin die groot kopkrap!   Ek wil alles sien, maar daar is nie tyd om al hierdie wonderlike produksies in te pak nie.  Wees gerus - jy sal omtrent alles kan sien.  Ons het gepoog om die program so saam te stel dat die meeste produksies twee keer speel.  So, as jy dalk by ete is by nommer een opvoering, kan jy altyd vir nommer 2 bespreek.  Die belangrikste egter is dat jy vir soveel produksies hier in Suid-Afrika by Computicket moet bespreek.  Omdat jy reeds die Opppiwater Vermaakfooi betaal het, kwalifiseer jy nou vir ons lekker lae gesubsidieerde kaartjiepryse - van R10 tot R80!  Daar sal wel 'n kaartjiebesprekingskantoor op die MSC Sinfonia beskikbaar wees, maar die kaartjies op die MSC Sinfonina gaan deur die bank verkoop teen $15 (meer as R150)!  So dit maak totaal sin om nou reeds al jou kaartjies te bespreek.

 Hoe werk die besprekings?  Baie maklik.  Ons program word vandag bekend gestel en verskyn hier onder.  Al wat jy nou hoef te doen, is om deur die program te gaan en te besluit watter produksies jy wil gaan sien.  Daarna kan jy die produksies by enige tak van Computicket bespreek.  Besprekings vir sekere produksies sal op 1 November 2016 vanaf 09:00 oop wees.  Besprekings vir die res van ons lekker Oppiwater Kunstefeesprogram sal in die volgende dag of wat beskikbaar wees.  Kom dus gerus Computicket toe om vir al jou gunsteling produksies te bespreek.  Onthou daar is ook Computicket takke by alle takke van Checkers en Shoprite.  Jy kan ook deur die inbelsentrum bespreek by 0861 915 8000.  Bespreek ook aanlyn by Computicket se webtuiste - kliek net hier onder!  Dit is belangrik dat jy jou besprekingsnommer (met die 0 asseblief) intik of byderhand hou indien jy telefonies of by die tak bespreek.  Kliek op sekere van die produksies hier onder wat u direk na die besprekingsblad toe sal neem.

 Indien u sukkel met die besprekings, skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos ons aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Probeer om u kaartjies so gou as moontlik te bespreek, want sodoende kry jy nog die beste sitplekke in die huis.  Hoe vinniger jy bespreek, hoe beter is die kans op 'n goeie sitplek.  Bespreek ook jou kaartjies aanlyn deur op die BESPREEK HIER-knoppie te kliek!  Laat waai!!!! 

Die splinternuwe MSC Sinfonia

Die MSC Sinfonia is pragtig oorgedoen en groter gemaak.

Oppiwater Kunstefees

Program
 
Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues. Ons bring in 2017 vir u die beste in drama, komedie, mimiek, sang, musiek, poësie en natuurlik radio!  Ons is baie trots om die volledige program hier onder aan u bekend te stel.  Bespreek vinnig om die beste kaartjies en beste sitplekke in die huis te kry! Kaartjiebesprekings open op 1 November 2016 om 09:00.  Skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000 indien u enige probleme met kaartjiebesprekings ondervind.

 Kunstefeesgangers sal kaartjies vir al die produksies by Computicket kan bespreek.   Indien u die vermaaklikheidsfooi betaal het, gebruik die besprekingsnommer om u gesubsidieerde kaartjies te bespreek.  Onthou om 'n Nul (0) voor u besprekingsnommer in te tik as u by Computicket bespreek.  Computicket het nou takke by al die Shoprite- en Checkers-winkels. U kan Computicket skakel by 0861 915 8000 of bespreek aanlyn by www.computicket.com. Gaan gerus na “Festivals” en soek die Oppiwater Kunstefees 2017. Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie!

Ry weer 'n keer trein!

Trein, skip, vliegtuig!!!

Met die hulp van JB Tours bied ons nou ook vir ons Oppiwater Gaste 'n wonderlike geleentheid om per trein na Kaapstad te reis, verblyf in Kaapstad, vervoer na die Hawe (MSC Sinfonia) toe en per vliegtuig terug Johannesburg toe.  Wat is dan nou lekkerder as treinry met al jou etes ingesluit op die trein.  Kom totaal ontspanne aan in die Kaap en geniet Oppiwater ten volle.  Let Wel: Hierdie is 'n aparte bespreking vir u eie vervoerreelings.  Daar is twee opsies om van te kies:

Trans-Karoo Toeristeklas Trein

Ons reis met die sakpas Trans Karoo Toeristeklas trein vanaf Johannesburg na Kaapstad, oornag een nag in ‘n 4-ster hotel in die Moederstad en neem u dan na Kaapstad se hawe om by die bootvaart aan te sluit. Na afloop van die vaart word u weer by die hawe opgelaai en per bus na Kaapstad se lughawe geneem vir die terugvlug na Jo’burg EN ons doen dit teen ‘n baie bekostigbare prys. Aandete, ontbyt & ligte middagete (op die trein), asook aandete en ontbyt by die hotel is by die toerprys ingesluit. Skakel gerus vir JB Tours by 011 913 2442 of epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of kliek op die Bespreek Hier-knoppie.

Premier Classe Trein

Ons reis met die ‘upmarket’ Premier Classe trein vanaf Johannesburg na Kaapstad, oornag twee nagte in ‘n 4-ster hotel in die Moederstad, ry Kaapstad plat met die ‘Red Topless bus’ na talle besienswaardighede en neem u dan na Kaapstad se hawe om by die bootvaart aan te sluit. Na afloop van die vaart word u weer by die hawe opgelaai en per bus na Kaapstad se lughawe geneem vir die terugvlug na Jo’burg EN ons doen dit teen ‘n baie bekostigbare prys. Aandete, ontbyt en ligte middagete (op die trein), asook een aandete en twee ontbyte by die hotel is by die toerprys ingesluit.  Skakel gerus vir JB Tours by 011 913 2442 of epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of kliek op die Bespreek Hier-knoppie.

Namibië- hier kom ons!!!

En hierdie Oppiwater Kunstefees is hierdie keer een dag ekstra om alles ingepas te kry

 Na vele versoeke om ook 'n Oppiwater Kunstefees uit Kaapstad laat vertrek, het ons besluit om hierdie jaar weer Namibië te besoek.  Ons doen aan by die pragtie Luderitz (Foto Bo) en Walvisbaai (Foto Onder).  Behalwe vir die Oppiwater Kunstefees, het MSC heelwat ekskursies na Luderitz, Walvisbaai, die Namib Woestyn en selfs Swakupmond.  Hierdie eksursies kan as ekstras by MSC bespreek word. 

Die volledige program is as volg:

 Sondag, 30 April 2016 - Vertrek vanaf Kaapstad Hawe

Maandag, 1 Mei 2016 - Op see

Dinsdag, 2 Mei 2016 - Walvisbaai

Woensdag, 3 Mei 2016 - Luderitz

Donderdag, 4 Mei 2016 - Op see

Vrydag, 5 Mei 2016 - Land terug by Kaapstad Hawe

Skemerkelkies op die

MSC Sinfonia

Italiaanse Cuisine

Alle etes ingesluit in fooi!

Die MSC Sinfonia

Teater

Foyer

Vertrek van Kaapstad

Volgepakte Teater met 2016 se

Oppiwater Kunstefees

Al die foto's wat die Lefra Fotograwe geneem het Oppiwater in 2014, 2015 en 2016 is nou

beskikbaar om te bestel. 

Kliek net hier onder op die knoppie en volg die instruksies.  Baie maklik! 

         Die MSC Sinfonia

Die nuwe MSC Sinfonia lyk omtrent soos 'n ruimteskip met wonderlike veranderings en alles nuut!

Lefra Produksies, Posbus 10552, Strubenvale, 1570

Tel: (011) 815 3000

EPos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280