Get Adobe Flash player

Mimiekmeester, John Jacobs, in skitterproduksie by Aardklop

Mimiekmeester, John Jacobs, in skitterproduksie by Aardklop
Share

Die Franse (SA-gebore) Mimiekmeester, John Jacobs, is vir 'n wyle terug in Suid-Afrika om sy besondere produksie, MY PASSIE VIR JESUS by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom van 4-8 Oktober 2016 op te voer.  John is nou ook te sien as beoordelaar in kykNET NOU! se baie gewilde REVUE 2016 wat Sondagmiddae om 17:00 op kykNET NOU! (Kanaal 146) uitgesaai word.

 Die naam John Jacobs is nou reeds welbekend in Suid-Afrika as die Franse mimiekmeester.  In Parys, Frankryk, staan hy bekend as die “le diblotin” (klein duiweltjie en manipuleerder) van die Franse mimiekbedryf.  Hy is ‘n gebore Suid-Afrikaner, die enigste Suid-Afrikaanse mimiekmeester in die Marcel Marceau-tradisie van klassieke mimiek.  Hierdie baie bekende mimiekmeester, John Jacobs, is terug in Suid-Afrika met sy produksie wat die wêreld bekoor, My Passie vir Jesus.  Sonder woorde en met slegs bewegings en uitdrukkings maak dit van hierdie produksie ‘n wonderlike ervaring. Volgens John is ware mimiek die siel van die uitvoerende kunste.  “Dit is waarom my gehore hulle totaal aan die wonderlike kuns van die mimiek oorgee – as hulle lag, dan skater hulle en as hulle huil, sien jy trane vloei,” sê hy.  In MY PASSIE VIR JESUS vertel John sy eie persoonlike storie met die kuns van mimiek en vertel hy ook die unieke verhaal van Jesus van Nasaret, sy lyding, sterwe en opstanding met ‘n aangrypende vertolking.

 Boys High: 4 Okt 13:00 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 09:00 | 8 Okt 13:00

Tydsduur: 75 min | R120

 abr logo280