Get Adobe Flash player

AANDAG: Alle Hoërskole en Laerskole - Skryf nou in vir LEFRA PRODUKSIES se Nasionale Revuekompetisie.

AANDAG: Alle Hoërskole en Laerskole - Skryf nou in vir LEFRA PRODUKSIES se Nasionale Revuekompetisie.
Share
  • REVUE SA 2016 by Carnival City!
  • Groot pryse en uitstekende blootstelling!!!

Nasionale Revuekompetisie by Carnival City se Big Top Arena

Lefra Produksies het so pas sy opwindende nasionale revuekompetisie, REVUE SA 2016, bekend gestel.  Hierdie lekker revuekompetisie vir laer- en hoërskole sal vanaf 5 tot 21 September 2016 by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.  Vir enige navrae oor die revuekompetisie of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by (011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za   Of makliker, kliek sommer hieronder!  Optree- en uitdundatums sal met individuele skole bevestig word en mag verander.  Al die riglyne, regulasies, inskrywingsvorms ens verskyn hieronder.  Kliek net op die blokkie en druk sommer by u uit.  Wees asseblief geduldig, want van die dokuemnte is groot en mag dalk 'n minuut of twee neem om af te laai.

Groot opwinding oor REVUE SA 2016!

Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies en waar die idee van ‘n nasionale revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die projek.  “Laerskole en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hulle jaarlikse revue.  Ek het al baie van hierdie revues gesien wat baie na aan professionele produksies se standaard is.  Dit was dan altyd vir my hartseer dat daar nie ‘n verdere lewe vir hierdie wonderlike revues is nie.  Juis daarom het ons by Lefra besluit dit sal uitstekend wees om hierdie revues nog ‘n slag te kan opvoer,” sê Swart.  Hy glo ook dat REVUE SA 2016 ‘n wonderlike forum sal skep vir skole om na mekaar se eie werk en produksies te kyk en te geniet.  “Dit gaan ook vir skole die geleentheid bied om te sien waar hulle eie standaard lê deur dit met ander produksies te vergelyk.”

Slegs 26 laerskole en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word om deel te neem aan REVUE SA 2016.  Om vir keuring aansoek te doen, moet die volledige inskrywingsvorm voltooi word en skole moet dan ‘n 10 minute video saam met die inskrywingsvorm aanstuur.  Swart sê dat dit hoegenaamd nie nodig is om professionele videos vir keuring voor te lê nie.  "Enige video wat met 'n gewone videokamera of selfs selfoon geneem is, sal aanvaar word.  Dit is werklik nie nodig om klomp geld hierop te spandeer nie."

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus 2016.  Keuring sal afgehandel wees op 26 Augustus waarna gekeurde skole in kennis gestel sal word.  REVUE SA 2016 sal van 5 tot 21 September in Carnival City se Big Top Arena aangebied word.

Swart sê dat die kompetisie op ‘n uitklopbasis aangebied sal word.  “Ons wil ook ‘n graag ‘n realiteitshoek aan die hele kompetisie gee.  Die belangrikste egter is dat elke aand ‘n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.  Ons besef maar te goed dat REVUE SA 2016 ‘n kompetisie is, maar ons glo ook dat dat skole, onderwysers, afrigters en leerders die geleentheid sal gebruik om nuwe vriende te maak en ook die geleentheid sal gebruik om van mekaar te leer.”

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ‘n sertifikaat van deelname ontvang.  Bekende beoordelaars en aanbieders sal ook ingespan word om van REVUE SA 2016 ‘n groot sukses te maak.  REVUE SA 2016 word ook volledig verfilm vir moontlike latere uitsending op 'n televisiekanaal.  REVUE SA 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines en McCarthy Volkswagen Arcadia.

 abr logo280