Get Adobe Flash player

Kom sien Worsie se Ma (Marga van Rooy), Prof (Lieb Bester) en vele meer in skreeunsaakse DAA' GAAT DIE BRUID - KunsteKaap 5-9 Julie 2016

Kom sien Worsie se Ma (Marga van Rooy), Prof (Lieb Bester) en vele meer in skreeunsaakse DAA' GAAT DIE BRUID - KunsteKaap 5-9 Julie 2016
Share

Lefra Produksies se skreeusnaakse klug, DAA' GAAT DIE BRUID gaan Kaap toe en speel by KunsteKaap se Drama van 5 tot 9 Julie 2016,  Lefra Produksies is reeds bekend vir hulle lekkerlagklugte wat gehore landwyd sedert 2012 vermaak, en vanjaar is klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ Gaat die Bruid! aan die beurt en besoek die KunsteKaap van 5 tot 9 Julie. Besprekings by Computicket 0861 915 8000.  Groepe meer as 10, kry 'n lekker afslag - skakel Lefra by (011) 815 3000.  Of die maklikste is om aanlyn te bespreek.  Kliek op die BESPREEK HIER knoppies of kliek sommer HIER.  

Die oorpsronklike There Goes The Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: “... die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan... dit het tempo, presisie en vernuf”, was die uitspraak in die London Daily Mirror.  Volgens die BBC is dit “briljant geskryf”.  Daa’ Gaat die Bruid! Spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh.  Frans Swart hanteer weer die regie.  Swart sê hy is baie opgewonde oor Daa’ Gaat die Bruid!  “Die lekkerte is dat hierdie klug nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie, en dus ken niemand die storie of ontknoping nie”.

In Daa’ Gaat die Bruid! is dit die oggend van Judy (Debrè Rossouw) se troue.  Alles is in rep en roer om alles in gereedheid te bring vir die troue later die dag.  En dan slaan die klug toe!  Terwyl Judy en haar ma, Ursula (Edrien Erasmus) gereed is om kerk toe te vertrek, kry haar pa Malan (Cobus Venter), die uitvoerende hoof van ‘n advertensiemaatskappy, ‘n hou op die kop en dan begin die poppe dans – letterlik!  Polly (Ana van Achterbergh), ‘n pragtige “cut-out” meisie van een van sy advertensieveldtogte, kry lewe.  Voeg daarby ‘n vuurvreter ouma (Marga van Rooy), ‘n moeilike oupa (Lieb Bester), ‘n verdwaalde skoonpa (Gert van Tonder), ‘n flambojante assistent (Phillru van Achterbergh) en ‘n deur of drie, en jy beskik oor al die lekkerlag elemente van nog ‘n histeriese Lefra-klug!

DAA' GAAT DIE BRUID word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, McCarthy Volkswagen Arcadia, RSG en Sounds Good.

 abr logo280