Get Adobe Flash player

Bespreek vir TOE VIND EK JOU, DAA' GAAT DIE BRUID, AS DROME VLERKE KRY & DIE STRIPSHOW in Kaapstad en kry 35% Afslag!!!

Bespreek vir TOE VIND EK JOU, DAA' GAAT DIE BRUID, AS DROME VLERKE KRY & DIE STRIPSHOW in Kaapstad en kry 35% Afslag!!!
Share

Uitstekende aanbod van Lefra Produksies

Lefra Produksies speel vier besondere produksies in Junie en Julie in Kaapstad se GrandWest se Grand Arena en KunsteKaap se Drama Teater.  Karen Zoid en Francois van Coke is te sien in die show van die jaar, TOE VIND EK JOU op 25 Junie by GrandWest se Grand Arena.  Hennie Smit en Arina de Witt is te sien in die wonderlike produksie, AS DROME VLERKE KRY by KunsteKaap op 29 Junie en 1 Julie.  Timothy Kieswetter stroop alle seksuele taboes in DIE STRIPSHOW op 30 Junie en 2 Julie ook by KunsteKaap.  Dan kan jy kom skaterlag in die klug van die jaar - DAA' GAAT DIE BRUID by KunsteKaap van 5 tot 10 Julie 2016.

Lefra Produksies en Computicket bied nou vir jou die aanbod van die jaar aan!  Bespreek vir al vier hierdie lekker produksies en kry 'n hele 35% afslag op AL jou kaartjies - maak nie saak vir hoeveel mense jy bespreek nie.  Solank jy net vir al vier die produksies bespreek.  Jou besparing per persoon is  meer as R178 en vir twee persone bespaar jy R357!!! Beslis nie te versmaai nie.  So inderwaarheid kry jy een produksie heeltemal gratis!  Besprekings kan gedoen word by Computicket se Korporatiewe Verkope by (011) 340 8475 of (011) 340 8128.  Stuur gerus ook 'n epos aan:

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Dit is belangrik om te noem dat jy vir die LEFRA FOUR SHOW SPECIAL wil bespreek.  Terme en voorwaardes geld en net solank as wat voorrade hou.

Hennie Smit is terug op die verhoog in AS DROME VLERKE KRY

Bekende Hennie Smit (Bertie in EGOLI) is terug op die verhoog in 'n wonderlike nuwe produksie, AS DROME VLERKE KRY.  Hennie deel die verhoog met talentvolle sopraan en aktrise, Arina de Witt.  AS DROME VLERKE KRY speel by KunsteKaap op 29 Junie en 1 Julie.  Dis konserttyd by die aftreeoord, Huis Silwerjare, en Egbertus (Hennie Smit) en Aria of te wel Fanny Galore (Arina de Witt) is die staatmakers op die verhoog.  Is ons nou by Huis Silwerjare se konsert of in 'n teater in Las Vegas.  Nostalgie op sy beste met die musiek van Nana Mouskourri, Maria Callas, Patsy Cline, Edith Piaf en vele meer.

 abr logo280