Get Adobe Flash player

DAA' GAAT DIE BRUID by Carnival City van 7-19 Junie. Bespreek vinnig!

DAA' GAAT DIE BRUID by Carnival City van 7-19 Junie.  Bespreek vinnig!
Share

Carnival City - Mardi Gras Teater

7-19 Junie 2016

Bespreek by Computicket 0861 915 8000

Groepe meer as 10 @ afslag: (011) 815 3000

Lefra Produksies se skreeusnaakse klug, DAA' GAAT DIE BRUID kom nou Gauteng toe vir 'n twee weke speelvak by Carnival City se Mardi Gras Teater van 7-19 Junie 2016!  Lefra Produksies is reeds bekend vir hulle lekkerlagklugte wat gehore landwyd sedert 2012 vermaak, en vanjaar is klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ Gaat die Bruid! aan die beurt en besoek die Mardi Gras-teater by Carnival City vanaf 7 tot 19 Junie. Besprekings by Computicket 0861 915 8000.  Groepe meer as 10, kry 'n lekker afslag - skakel Lefra by (011) 815 3000.  Of die maklikste is om aanlyn te bespreek.  Kliek op die BESPREEK HIER knoppies of kliek sommer HIER.  

Die oorpsronklike There Goes The Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: “... die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan... dit het tempo, presisie en vernuf”, was die uitspraak in die London Daily Mirror.  Volgens die BBC is dit “briljant geskryf”.  Daa’ Gaat die Bruid! Spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh.  Frans Swart hanteer weer die regie.  Swart sê hy is baie opgewonde oor Daa’ Gaat die Bruid!  “Die lekkerte is dat hierdie klug nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie, en dus ken niemand die storie of ontknoping nie”.

 abr logo280