Get Adobe Flash player

Maak tot R35 000 wins vir jou Skool, Kerk, Organisasie met trefferproduksie, DAA' GAAT DIE BRUID!

Maak tot R35 000 wins vir jou Skool, Kerk, Organisasie met trefferproduksie, DAA' GAAT DIE BRUID!
Share

Lefra Produksies doen dit weer!  Hier kom vir jou 'n ding!  DAA' GAAT DIE BRUID!  'n Splinternuwe Afrikaanse klug wat nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie.  Dit is 'n groot treffer in Londen se West End en weer een skaterlag lekkerte hierdie keer ook vir Suid-Afrika.  DAA' GAAT DIE BRUID is geskryf deur Ray Cooney en John Chapman.  Frans Swart het vertaal en verwerk en hanteer ook die regie. 

Hoe werk dit?

Nou kan skole, kerke en diensorganisasies lekker geld maak met die trefferproduksie, DAA' GAAT DIE BRUID!  Ons spring weg by Carnival City, van 7-19 Junie, maar enige van die teaters regdeur die land waar ons met BRUID speel, kan vir hierdie spesiale fondswerwingsgeleentheid aangewend word.  Sien die volle rooster hieronder. Ons bied weeksaande (Dinsdae tot Donderdae) aan vir fondsinsameling.  Die positiewe punt van DAA' GAAT DIE BRUID! is dat dit ongelooflik gewild is en ALMAL wil dit graag sien.  By die onlangse KKNK is al sewe vertonings uitverkoop en 'n ekstra vertoning moes inderhaas geskeduleer word.  Die tweede groot positiewe punt is dat ons alles ingooi - daar is dus geen verskuilde koste soos klank en beligting nie.  Ons verskaf die volgende wat alles in u prys ingesluit is:

  • Teater
  • Klank
  • Beligting
  • Plekaanwysers
  • Kaartjies
  • Plakkate
  • Volle Produksie met Akteurs
  • Opvoerregte
  • Tegniese Personeel

Hoeveel gaan dit vir ons kos en hoeveel geld kan ons maak?

Enige organisasie kan baie maklik tot R40 000 wins maak met DAA' GAAT DIE BRUID.  Ons kostes vir die Carnival City Mardi Gras Teater is tans R40 000 (BTW Uitgesluit).  Indien u in van die ander teaters belangstel, sal ons met graagte vir u 'n kwotasie gee.  En soos ons hierbo genoem het, sluit die R40 000 alles in. U hoef byvoorbeeld nie ekstra geld te begroot vir teater, klank, beligting ens nie.  Alles is reeds ingesluit.

Kom ons maak sommetjies!

Die Mardi Gras Teater het 474 sitplekke.  Ons vra tans vir die voorste sitplekke R180pp en vir die agterste sitplekke R160pp.  Ons verkies as u by ons pryse bly, maar indien u dit bietjie goedkoper vir u mense wil aanbied, sal ons nie 'n groot probleem he nie - mits dit darem in die omgewing van ons pryse bly.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wat is my risiko?
Hierdie is werklik 'n goeie manier om fondse vir u organisasie te kan insamel.  Onthou, u hoef maar 222 kaartjies te verkoop - dan het u Lefra se geld in die kittie.  Enigeiets daarna is dan wins vir u Organisasie.  En om 222 kaartjies te verkoop het u maar 111 mense nodig, want die meeste mense koop mos 2 en meer kaartjies.  Meeste Organisasies wat al produksies by ons aangekoop het, het vir ons genoem dat hulle al die kaartjies binne 'n week uitverkoop het.  So, u behoort glad nie 'n probleem te hê om u kaartjies te verkoop nie.  En soos hierbo genoem, is u risiko werklik baie laag.

Ek stel belang!  Wat is die volgende stap?

Baie maklik!  Kliek net op die Fondsinsameling-knoppie hieronder en ons kontak u om die moontlikhede te bespreek.

Waar en wanneer speel DAA' GAAT DIE BRUID!

Carnival City: 7-19 Junie 2016

KunsteKaap Teater (Kaapstad): 4-10 Julie 2016

Staatsteater (Pretoria): 18-24 Julie 2016

Enige Dinsdagaand tot Donderdagaand kan vir Fondsinsameling gebruik word indien dit nog beskikbaar is.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280