Get Adobe Flash player

Drie haasbekkies gesoek vir “GROET DIE GROTHELD”

Drie haasbekkies gesoek vir “GROET DIE GROTHELD”
Share

Na die oorweldigende 10 jaar sukses van GROET DIE GROTMAN en die rekord van meer as 1 000 vertonings van hierdie produksie, is dit nou vir Lefra Produksies baie aangenaam om te kan aankondig dat daar ‘n splinternuwe “Grot” oppad is – GROET DIE GROTHELD met komiese akteur, Cobus Venter as die “Grotheld.”  Hierdie splinternuwe en oorspronklike GROTHELD teks is deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart geskryf.  Swart hanteer ook die regie.  GROET DIE GROTHELD open by die Roodepoort Teater vir voorskoue op 26 en 28 April 2016.  Daarna kan GROET DIE GROTHELD op Lefra Produksies en RSG se suksesvolle Oppiwater Kunstefees gesien word van 1-6 Mei en dan is die Grotheld gereed om Suid-Afrika kruis end wars te toer.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000.  Groepbesprekings vir meer as 10 @ afslagpryse: (011) 815 3000.  Om GROET DIE GROTHELD vir jou stad of dorp te bespreek, skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Vir meer inligting, besoek gerus www.lefra.co.za  GROET DIE GROTHELD word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, McCarthy Volkswagen Arcadia, RSG en Sounds Good.

Daar is eersdaags oudisies vir drie klein haasbekkie seuntjies wat op video hulle verskyning in GROET DIE GROTHELD sal maak.  Die seuntjies kan tussen 5 en 7 wees en moenie skaam wees om voor ‘n kamera te verskyn nie.  Drama ondervinding is glad nie nodig nie, maar dit sal ‘n aanbeveling wees as hulle darem al ‘n versie by die kunswedstryd gedoen het of in die klas voor mense ‘n gediggie opgesê het.  Die belangrikste is dat die outjies glad nie skaam moet wees nie. 

Frans Swart, regisseur van GROET DIE GROTHELD sê die outjies speel nogal ‘n kardinale rol in die produksie.  “Vir enige seuntjie is sy pa mos sy grootste held. Veral as hy nog ‘n Blou Bul is en hom gereeld Loftus toe neem! Dis presies wat ons met hierdie opnames wil illustreer – my pa is my held!”  Swart voeg ook by dat daar ‘n video opname van die seuntjies gemaak sal word wat in die produksie gespeel gaan word.  “Ons drie haasbekkies hoef dus nie saam te toer nie.”

Belangstellende ouers kan ‘n kort CV en foto epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. waarna ouers verwittig sal word van die oudisiedatums.  Nie alle seuntjies sal genooi word vir die oudisie nie.  Vir meer inligting, skakel  (011) 815 3000

 abr logo280