Get Adobe Flash player

Hennie Smit terug op die verhoog in AS DROME VLERKE KRY!

Hennie Smit terug op die verhoog in AS DROME VLERKE KRY!
Share

Hennie Smit en Arina de Witt in splinternuwe teaterproduksie!

Bekende verhoog- en televisie akteur, Hennie Smit, speel die rol van Egbertus Wolmarans in AS DROME VLERKE KRY.  Hennie is perdfris nadat hy twee jaar gelede baie siek geword en vervang moes word in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU.  "Ek het by die dood omgedraai, maar met die genade van Bo en Suid-Afrika se ongelooflike ondersteuning, is ek nou weer heeltemal gesond en aan die gang!" sê Hennie.  "Ek sien vreeslik uit om weer op die verhoog te wees.  Jy weet laas het ou Deda my lekker gepootjie, maar die keer is ek reg vir Egbertus!"

In ‘n aftree oord beleef twee wêreldbekende vermaaklikheidskunstenaars die mooi van vervloeë dae in herinnering.  Dis konserttyd by Huis Silwerjare en almal is in rep en roer om alles reg te kry vir die verhoog.  Arina de Witt (Aria Von Waltzleben, alias Fanny Galore) boorling van Ariamsvlei, ster van die sestigerjare in Las Vegas, ‘n "geesgenoot" van Maria Callas en Edith Piaf.  Hennie Smit (Egbertus Wolmarans) boorling van die Swartland, onderwyser van Ariamsvlei, beroemde vermaaklikheidster en akteur wie se hartsnare nog al die jare roer vir Aria.  Huis Silwerjare se konsert kan nie sonder Aria en Egbertus gebeur nie.  In hierdie wonderlike produksie span Hennie Smit en Arina de Witt kragte saam om As Drome Vlerke Kry aan te bied.  Die produksies word aangebied met die troste ondersteuning van Christo Strydom Nutrition, Stuttaford van Lines, RSG, Sounds Good en McCarthy Volkswagen Arcadia.

AS DROME VLERKE KRY, open by die Atterbury Teater in Pretoria op Saterdagaand, 27 Februarie om 20:00.  Kaartjies is reeds besig om vinnig te verkoop.  Bespreek sommer nou by Computicket 0861 915 8000 of kliek op die BESPREEK-knoppie.  Groepe meer as 10 kry 'n lekker afslag.  Skakel gerus Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos ons aand This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 abr logo280