Get Adobe Flash player

Waar het jy die slegste pizza geëet?

Waar het jy die slegste pizza geëet?
Share

Radioman, akteur, regisseur en teatervervaardiger, Frans Swart, hou deesdae ook sy lyf kok en saai reeds sy baie gewilde reeks, FRANS KOOK! op agt verskillende radiostasies in Suid-Afrika en in die buiteland uit met digby 500 000 luisteraars. “Nee man” sê Frans, “ek is glad nie ‘n kok nie.  Eerder ‘n entoesiastiese kosmaker en natuurlik is dit deesdae vir my lekker om die heerlike geregte en resepte met luisteraars reg oor Suid-Afrika en selfs in Australië te deel.  Te lekker.  Ons is so ‘n groot kosfamilie.”  Frans saai sy FRANS KOOK! uit op All-Time Radio, Bok Radio, Impala Radio, Kosmos Stereo, Overvaal Stereo, Radio Kragbron, Radio Laeveld en SFM (Suid-Kaap Stereo).  Daar is ‘n opwindende webtuiste waarop al die resepte verskyn – www.franskook.co.za en luisteraars kan saam gesels op Facebook by FRANS KOOK!  Luisteraars kan hulle resepte stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Frans is nie baie lief vir Pizza nie.  Maar sê hy:  “Pizza het wêreldwyd daardie ‘comfort’ kos geword.  Vir daardie dae wat jy nie uit die bed wil opstaan nie.  Jy wil drie aksie movies kyk en ook glad nie uit jou slaapklere uit klim nie.  Dan bel jy die Pizzawinkel en hulle lewer vir jou af.  Ek het verlede Sondag so ‘n slaapklere dag belewe.  Ons het Saterdagaand die laaste opvoering van MY BOETIE SE BOETIE SE BOETIE SE BABA gehad en was Sondag pootuit.  Hier teen drie uur bestel ons pizzas.  En groot was my teleurstelling om die slegste pizza in my lewe te eet!  Ek gaan nog nie die Pizza-groep se naam bekend maak nie.  Ek het die wonderlikste en lekkerste pizzas in New York geëet, ek het erg siek geword van ‘n Pizza in Amsterdam en dan moet ek sê die Italianers se pizzas op die boot MSC Sinfonia is ook lekker!  So ek het werklik gemengde gevoelens oor pizzas.  ‘n Slegte pizza is erg sleg hoor!  En as jy ‘n Pizza reg maak, is dit darem van die lekkerste trooskos ne?”

Dis net daar en dan wat Frans besluit het – FRANS KOOK! moet ‘n opname doen oor die slegste en lekkerste wegneem pizza in Suid-Afrika.  In volgende week se radioprogamme gaan Frans die opname op al die radiostasies doen en nooi luisteraars en die algemene publiek om deel te neem aan die opname om te bepaal watter groep maak die lekkerste pizzas en watter een die slegste pizzas.  Alles gaan baie wetenskaplik gedoen word.  Daar is reeds ‘n vraelys opgestel wat op die webtuiste www.franskook.co.za verskyn.  Kliek net daarop.   Dit neem werklik net ‘n minuut om oop te maak en te kliek.  Hier is die skakel as mense direk wil deelneem:

https://app.icontact.com/icp/sub/survey/start?sid=6597&cid=330321

Die amptelike uitslag sal die week van 8 Februarie 2016 op FRANS KOOK! bekend gemaak word.  Skakel gerus in op die verskillende radiostasies of besoek www.lefra.com

 abr logo280