Get Adobe Flash player

Grootste Fees in Gauteng - Oppiland Fees (24-26 Junie 2022) - Stable Inn Konferensiesentrum

Grootste Fees in Gauteng - Oppiland Fees (24-26 Junie 2022) - Stable Inn Konferensiesentrum
Share

Lefra Produksies en die Stable Inn Konferensiesentrum het so pas die grootste Fees wat nog ooit vir Gauteng beplan is, bekend gestel. Die Oppiland Fees sal van 24-26 Junie 2022 by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs plaasvind. “Ons het meer as dertig top kunstenaars wat gaan optree, vlooimarkte, vermaak vir die kinders, kos en drank, ‘n wyntent, rofstoei, toneelopvoerings en selfs ‘n kunswerkswinkel,” sê Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksie en Feesdirekteur van die Oppiland Fees. “Ons het al lankal besef dat Gauteng nie ‘n lekker kuierfees aanbied nie en juis daarom het ons die Oppiland Fees in die lewe geroep. Die Stable Inn Konferensiesentrum is die ideale venu om so ‘n fees aan te bied, want die hele sentrum is groter as 25 hektaar. Daar is baie lokale op die perseel en ons gaan elke liewe gaatjie gebruik om ‘n lekker Fees aan te bied.” Die Oppiland Fees word aangebied met die vriendelike samewerking van Ambassador Execudrive, Britz Couriers and Removals, Crown National – tuiste van Six Gun Grill, Red Pen Marketing, WS Pianos, RSG, Lift, Hollywood Costumes, Grotman Biltong, LTickets en Van Loveren Wyne.

More Here

 

 

 abr logo280