Get Adobe Flash player

MY VROU SE MAN SE VROU by Atterbury Teater van 1-6 Feb 2022. Bespreek NOU!!!

MY VROU SE MAN SE VROU by Atterbury Teater van 1-6 Feb 2022. Bespreek NOU!!!
Share

Skreeusnaaksste klug van alle tye by die Atterbury Teater. BESPREEK nou!

Die skreeusnaaksste klug van alle tye, MY VROU SE MAN SE VROU speel van 1-6 Febraurie 2022 by die Atterbury Teater in Pretoria. Die oorspronklike stuk, Run for your Wife, hou die rekord vir die langs-lopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter in My Vrou se Man se Vrou is John Smith, ’n Londense taxi bestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon ... en ook met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, aangesien John sy ongereelde werksure gebruik as ’n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar ’n ongeluk en ’n verkeerde adres veroorsaak ’n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom! En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik! Besprekings kan gedoen word by www.seatme.co.za of by www.myvrou.co.za Groepe teen afslagpryse: Monica (011) 815 3000

  • Atterbury Teater - Pretoria
  • 1-6 Februarie 2022
  • Bespreek by SeatMe
  • Groepe @ Afslag: 0118153000
  • Bespreek Hier

 

 

 abr logo280