Get Adobe Flash player

GROET DIE GROTMAN2 by Staatsteater in Desember!

GROET DIE GROTMAN2 by Staatsteater in Desember!
Share

Lefra Produksies bied aan: Groet die Grotman 2

Met Phillru van Achterbergh | Teks en regie: Frans Swart

7-12 Desember 2021
Aandvertonings: 19:00  Saterdag en Sondag Vertonings: 15:00
Besprekings: www.LTickets.co.za of 011 815 3000

Ouerbegeleiding (PG 16)

GROET DIE GROTMAN 2 met Phillru van Achterbergh kom Pretoria toe en speel by die Drama van die Staatsteater vanaf 7-12 Desember 2021.  Besprekings kan gedoen word by www.LTickets.co.za, www.webtickets.co.za  of 0118153000.  Groepe teen spesiale pryse, stuur asseblief ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of skakel 0118153000.  Meer inligting by www.grotman2.co.za GROET DIE GROTMAN2 word aangebied met die vriendelike samewerking en ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers and Removals, Crown National, die tuiste van Six Gun Grill, Hollywood Costumes, Lift, RSG, Sounds Good, Van Loveren Wyne en WS Pianos

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle?  Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.  Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte.  Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.  In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld, en die produksies spog met ‘n nuwe Grotman, Phillru van Achterbergh.

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld.  Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).  “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart.  “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse.  Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.”  Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar!  Lefra het die Grotman toe vir agt jaar laat rus in sy grot … tjoepstil!  “Die Grotman het in 2018 teruggekeer met Groet die Grotman 2, met Wynand van Vollenstee as die Grotman”, sê Swart.  “En nou, in 2021, spog ons met ‘n nuwe Grotman: Phillru van Achterbergh.”

Phillru van Achterbergh het Drama en Film aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer, en word in 2012 die eerste student wat al drie top TUT-toekennings verower onder andere as die Beste Drama Student.  Na universiteit maak Phillru sommer dadelik sy buiging op die professionele verhoog met rolle in die kinderproduksie Liewe Heksie en sy eerste Lefra-klug, My Vrou se Man se Lyk se Tas, waar hy die rol van Boris vertolk.  Hy maak ook sy verskyning in die klugte My Boetie se Boetie se Baba en Daa’ Gaat die Bruid, en tree op as assistent-regisseur vir My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou. Hy word ook gesien in BINNELANDERS in die rol van die dwelmsmous, Clint Erasmus.  In 2016 word hy genomineer vir ‘n Naledi-toekenning vir sy rol as Andrè Myburg in die produksie Porselein en wys hy verder sy staal as ernstige akteur in die rol van Benjamin Koemoetie in die verhoogproduksie van Fiela se Kind.  Phillru is nie net ‘n akteur nie en in 2017 begin hy sy eie maatskapy, Imagine That! Entertainment.  Hy was die skrywer, regisseur en vervaardiger van beide die produksies Die Laaste Mango en Light Warrior wat by Aardklop- en die Wêlakapêla-kunstefeeste te sien was.   Hy is ook die mede-eienaar van Sessions Entertainment wat musiektoere reël na Ponta do Ouro en Tofu in Mosambiek en Windhoek en Swakopmund, Namibië, en is ook mede-organiseerder van Bushrock Music Festival in Bela-Bela en die Skopgrond Music Festival by die Roodeplaatdam.

Frans Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is, het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het.   “Die verskille tussen mans en vrouens sal altyd daar wees.  Vrouens is gaarders en mans is jagters!  Om saam te oorleef moet manne hulle jagterswêreld so bietjie verbreed om by die dames se wêreld in te pas.  Die dames moet van hulle kant, weer hulle gaarderswêreld vernou om by die Grotmanne se wêreld uit te kom.  Hierdie prosesse sorg vir skaterlagtyd!”

Vrouens ... julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp.  Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken ... so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou ... net nie die middelvinger nie!  Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik.  Kom kyk Groet die Grotman 2!

 

 

 abr logo280