Get Adobe Flash player

Lefra hou oudisies vir LIEWE HEKSIE, MY VROU SE MAN SE VROU en DIE RYPMAAKKAMER

Lefra hou oudisies vir LIEWE HEKSIE, MY VROU SE MAN SE VROU en DIE RYPMAAKKAMER
Share

Na meer as 18 maande van ingeperk wees, is Lefra Produksies weer gereed om die land vol te toer met topklas produksies vir elke smaak.  Oudisies word vir verskeie Produksies soos LIEWE HEKSIE, MY VROU SE MAN SE VROU en DIE RYPMAAKKAMER gehou.  Lefra Produksies is op soek na akteurs wat die volgende rolle kan speel:

LIEWE HEKSIE:

  • Akteur 1: Karring, die Melkkabouter, Kwaai Babatjie, Casper, die Tuindwergie, Borrie, die Gifappeltjie en ander
  • Akteur 2: Botterblom, die Melkkoei, Koning Rosekrans, Kwaaitjie Kabouter, Die Geelheks, Kerrie, die Gifappeltjie, Karel Kat en ander
  • Akteur 3: Blommie Kabouter, Koning Rosekrans en ander

MY VROU SE MAN SE VROU

  • Barbara Smith | Vroulik | 20s –40s | John se tweede vrou, gelukkig getroud en niksvermoedend (aan die begin).  Die rol kan fisies en vokaal veeleisend wees, aangesien die akteur 'n hele reeks emosies moet kan uitvoer - sjarmant tot gefrustreerd, dramaties tot woedend en verward met histeries en gille.  Sexy.  Soos die karakter van Mary, benodig Barbara goeie komiese tydsberekening

DIE RYPMAAKKAMER

  • Senior-Luitenant Sasha Ehrenberg (30 – 35)
  • Luitenant Vasilii Kozlov (30 – 35)
  • Manskap Yura “Yuri” Yegerov (20 – 25)

Oudisies word  gehou op Woensdag, 1 Desember 2021 in Melville, Johannesburg gedoen. 

Akteurs wat oudisies wil kom aflê, kan gerus die aanlynvorm hier voltooi: https://www.emailmeform.com/builder/form/2IkQSRaBbV661thLT

Dis verpligtend om jou volledige CV en ‘n foto aan te heg!  Nie alle aansoeke gaan outomaties genooi word vir die oudisie nie, maar slegs diegene wat Lefra Produksies geidentifiseer het.  Jy sal gekontak word indien jy vir ‘n oudisie genooi word.  Vir meer inligting skakel Charl Senekal by (011) 815 3000 of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Akteurs word versoek om woordvas vir die oudisies te wees.

Oudisietekste is hier verkrygbaar:

LIEWE HEKSIE: https://www.dropbox.com/sh/zn7ms64rmqyc7fi/AAAfRBf5PxWKIto00bNiO0sKa?dl=0

MY VROU SE MAN SE VROU: https://www.dropbox.com/sh/v225avmrmj8ly8y/AACyUuldksulEu9yran--fhla?dl=0

DIE RYPMAAKKAMER: https://www.dropbox.com/sh/1kub4q3jyd6i9sf/AADnnsw9Z_qdhMOhQ0yHPDeGa?dl=0

 

 

 abr logo280